Video: Oekraïne: Slag van die Onafhanklikheidsplein

image003Minstens 25 mense, waaronder sewe polisiebeamptes is in Oekraïne dood nadat sowat 20 000 betogers hulle Dinsdagnag op die Onafhanklikheidsplein bestorm het.

Die betogings duur al maande lank weens verset teen pres. Victor Janoekovitsj se toenaderingsbeleid teenoor Rusland. Opposisieleiers, soos die bokser Vitali Klitsjko, soek eerder toenadering tot Europese Unie.

Klitsjko het, voor die polisie in die hoofstad Kiev toegeslaan het, die vroue en kinders onder die betogers na veiligheid gestuur.
Dit is die ergste geweld sedert die land in 1991 onafhanklikheid van die Sowjetunie verkry het.

‘n Volledige berig in Trouw kan hier gelees word, en ‘n opvolgberig toe samesprekings wat deurnag gehou is misluk het, hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.