Video: Olifante wat skilder

Jy kan nou ‘n skildery, wat deur ‘n olifant geverf is, vir jouself aanskaf.

Hong, ‘n Asiatiese olifant verf al sedert sy sewe jaar oud was skilderye met haar mahout (versorger), Noi Rakchang, se hulp. Op negejarige ouderdom was Hong in staat om ‘n skildery van ‘n olifant, wat ‘n blommetjie in haar slurp vashou, te verf. Hong en ‘n paar ander olifante in Thailand word nou opgelei om te skilder. Die kunswerke word tussen $200 en $750 verkoop, en die inkomste word vir die Asiatiese Olifantkuns- en Bewaringsprojek aangewend. Dié projek spits hulle daarop toe om Asiatiese olifante van uitwissing te red deur gehalte opleiding, sorg, voedsel en habitat aan hulle te verskaf.

Die skildery wat Hong in die video verf, is getiteld “I picked this for you” en verkoop vir $750. Hong het hierdie skildery al meer as 90 keer geverf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.