Video: “Onaantasbare” predikant sterf weens slangbyt

Jamie Coots. Foto: National Geographic

Jamie Coots. Foto: National Geographic

ʼn Dokumentêr oor die slangbesweerders volg onderaan die berig.

‘n Amerikaanse prediker wat as “slangbesweerder” tydens dienste verklaar het dat slangbyt nie gevaarlik is vir gelowige Christene wat deur God geseën is nie, is dood toe ‘n slang hom Saterdagaand tydens ‘n diens gepik het.

Jamie Coots (42), predikant in Kentucky, het dié boodskap bly verkondig nadat hy tevore ‘n vingerlit weens slangbyt kwyt is. Hy het ook op ʼn realititsprogram van National Geographic, genaamd Snake Salvation, verskyn.

Coots se familie het Saterdagaand ná die ratelslang hom aangeval het, mediese behandeling geweier en hy is ongeveer twee uur later by sy huis oorlede.

Coots se seun, Little Cody, wil sy pa se werk as predikant en slangbesweerder voortsit.

Klik hier om meer te lees.

Bronne: Trouw, International Buiness Times

http://youtu.be/raZh1EO9h6c

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

akram ·

Tragies, wel as hy gesterf het, was hy dalk nie so n gelowige soos hy voorgegee het het. daar staan mos, ” jy sal hom aan die hakskeen byt en hy sal jou kop vermorsel…….”

Wilna ·

Duidelik was sy eie geloof toe nou nie so sterk nie…………

Johan ·

Die man het die Here getart

Hy het God versoek en het die prys betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.