Die video volg onderaan die berig.
ʼn Beampte van openbare veiligheid in Noordwes was geskok toe ‘n ongeluk in die agtergrond plaasgevind het terwyl hy ‘n onderhoud met SAUK-nuus oor die toestand van die provinsie se paaie gevoer het.
Mahlakeng Mahlakeng, die voorsitter van Noordwes se komitee oor openbare veiligheid portefeulje, fluit in die video wanneer hy omdraai om te sien wat gebeur. “Hierdie man [die motoris], wat maak hy?” vra hy.
Voor die ongeluk plaasvind, sê Mahlakeng dat die pad tussen Lichtenburg en Koster ʼn probleem is.
Hy sê instandhoudingwerk aan die pad raak al hoe duurder, en dat die laaste bedrag geld wat die departement aan die stuk pad toegestaan het, R220 miljoen beloop. “Al die geld is op die pad spandeer.”
Dit is in hierdie stadium van die gesprek dat ʼn voertuig, wat ʼn ander voertuig sleep, in die agtergrond verby ry, op die grond beland en van die pad af gly. Die voertuig wat gesleep word tref die voorste voertuig en hulle kom langs die pad teen ʼn skuinste tot stilstand. Die voertuie het net-net ʼn voetganger gemis, wat daarin kon slaag om na veiligheid te hardloop.
SAUK-nuus het die video Donderdag op YouTube gelaai. Teen Vrydag was dit reeds nagenoeg 1 500 keer gekyk.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Dis skreeu snaaks …. die ou wil ons vertel die ander helfte van die geld is gebruik om die teerpad te teer na zumaville toe die gebeur!!
Dis nie ‘n “beampte van openbare veiligheid” nie.
Hy is ‘n lid van die Noordwes provinsiale wetgewer.
Hy is in 2011 op “spesiale verlof” geplaas toe hy nog die LUR vir openbare werke in Noordwes was, weens wanadministrasie in die departement.
Met die biljoene wat die staat wanbestee en steel, is voetpaadjies en stertrieme hul voorland
Uitstekende toeval. Toeval? Toe Val Lig op die onderwerp. Seeing is believing.
Die pad kan nie die skuld kry vir die ongeluk nie, die idiots kan nie n Kar so vinnig sleep nie, daar is nie pille vir domgeid nie.