Video: Ongeluk voor wenstreep by Cape Argus-fietstoer

Foto: ER24

Rynard Janse van Rensburg het die 35ste Cape Argus-fietstoer gewen terwyl Ashleigh Moolma Pasio die eerste vrou oor die wenstreep was.

Daar was drama voor die eindstreep nadat ‘n groep vroue, waaronder van die gunstelinge om vanjaar se resies te wen, in ‘n ongeluk betrokke was. Die verdedigende kampioen, Cherise Taylor, is in ‘n nekstut geplaas terwyl Robyn de Groot ook na ‘n hospital geneem moes word vir verdere behandeling. Nagenoeg 35 000 fietsryers neem aan die resies deel. Hulle het kort na 6:00 Sondagoggend weggespring. Die deelnemers het tot 17:00 Sondagmiddag om die resies te voltooi.

Die video verskyn op www.2oceansvibe.com se webtuiste.

Argus Cycle Tour CRASH – 2012 – Road view from Seth Rotherham on Vimeo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.