Video: Onnie deur leerder aangerand

Foto: Youtube

Foto: Youtube

Die Gautengse departement van onderwys het die aanranding van ʼn onderwyser deur ʼn graad 8-leerder by die Hoërskool Glenvista in Johannesburg ten sterkste veroordeel.

“Die hoof van die departement het ʼn span senior beamptes na die skool ontbied om te verseker dat daar onmiddellik aksie geneem word en te verseker dat die leerder geskors word en om berading aan die onderwyser te verskaf,” het Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die departement, gesê. Die voorval het Woensdag plaasgevind. Op ʼn selfoonvideo wat deur een van die leerders geneem is, kan daar gesien word hoe die onderwyser met die leerder se tas by die klaskamer uitstap en die leerder sy tas probeer terugkry. Daar kan ook gesien word hoe die leerder die onderwyser met ʼn besem gooi terwyl sy klasmaats hom aanmoedig. Die departement het die onderwyser geloof omdat hy kalm gebly en nie teruggeveg het nie.

http://youtu.be/MbFE3qyzuA0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Debbie Biermann ·

Dit is vir my as onderwyseres ooglopend dat daardie seun met sy barbaase straat vuilspel absoluut geen opvoeding gekry het VOOR hy skooltoe is nie.Dit is vir sulke optrede wat ek voel dat ‘n gebalanseerde skoolhoof die mag moet he om ‘n goeie pakslae te gee en natuurlik berading vir die seun moet kry.Ek het self by n top seunskool klas gegee en ek is jammer dat indien ‘n seun so teenoor my sou optree, hy 2e sou kom.Jong kinders ruk wereldwyd handuit (ek praat slegs van hierdie tipe optrede) en dis tyd dat die roede terug gebring word.
Ons verantwoordelikheid teenoor kinder opvoeding word groter by die dag want die kinders is baie meer bloot gestel aan huiding euwels!!!!

Jasper ·

@Debbie. In ons tyd was die lat of rottang die enigste berading. Daar was respek en dissiline. sulke optredes was ongehoord.

Juliana Oosthuizen ·

Ons sal moet gehoor gee aan Spreuke 13 vers 24: ” Wie sy roede terughou, haat sy seun, maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.” Dis vir niemand meer lekker in Suid Afrika met ongedissiplineerdheid, misdaad en wanorde nie.

Johan ·

@ Debbie

Ek stem glad nie saam met jou nie. Jy is ‘n tipiese onderwyser.

Vertel my hoekom die onderwyser in die eerste plek die kind aan die arm gegruip het en hom rondgesleep het na ‘n ander sitplek toe. Daar is dit duidelik vir my dat die eerste rede wat gelei het tot die voorval die onderwyser se skuld is. Hou op om met half toe oe na die lewe te kyk. Daar is ‘n lewe buite die feit dat jul as onderwysers julself permanent wil regverdig!!

Sommer net ek ·

Johan – punte my maat – @ Debbie – ‘n onderwyser wat met jou woordeskat na ‘n kind verwys…waar ander kan sien – wonder wat maak jy met die kinders waar niemand sien. En geen oorgewig “oom” gaan my rond sleep nie Johan – ek gaan myself ook verdedig…daai outjie is tot die uiterste gedryf!

Eben ·

M.a.w. as ons die tyd ‘n bietjie aanskuif en die seun is 21+ en ‘n gesags figuur (bv SAP) wil hom in hegtenis neem, kan hy maar die gesagsfiguur verneder en aanrand.

Jammer ek stem nie saam met jou nie. Die kind het geen respek vir gesag nie en tree op soos ‘n barbaar in die middeleeue

Ek sê maar net

Jasper ·

Die berig verskaf nie veel detail nie. Dus maak ek my eie afleiding.
Jannie is mos groot, want hy rook en drink al.
Jannie is bekommerd hulle vind die tik en porn in sy tas.
Jannie moet voor sy vrinne sy “image” gestand doen en gooi n tantrum.
Jannie se ma gaan soos n viswyf te kere oor wat die onnie aan Jannie gedoen het en het haar gym afspraak gekanselleer.
Dit gaan Jannie se pa so opwerk dat dat hy alles net so gaan los by die “site” en skool toe jaag om die onnie te slaan.
My gevolgtrekking:
Siende dat Jannie al groot is, kan hy nie meer pakslae kry nie. Hy kort n paar goeie snotklappe teen daardie klein koppie om hom welkom te heet in grootmens wêreld.
Jannie se pa sal ek los tot hy 1ste slaan en hom in die hof kaal uittrek.

heinrich ·

Ek kan nie klippe gooi nie het nog self groenkooring. As dit my kind was het hulle my vandag toegesluit.Slegte vriende.

Priscilla Prinsloo ·

Dit is nou regtig barbaars. Kinders kort meer dissipelinne. Die kinders se gedrag gaan agter uit omdat ouers dink dit is ‘n nuwe generasie en dit is die norm is van vandag se lewe. Daar word seker nou weer gesê “”Ag, dit was die onderwyser se skuld. My kind sal nie sulke dinge doen nie.””” Kinders moet verantwoordelik gehou word vir hulle dade. Ouers moet ophou om vir hulle kinders die groen lig vir alles te gee, iewers moet daar tog ‘n rooi lig aankom. Hoop die ouers kry skaam vir hoe hulle kind optree. As dit my kind was sou ek nie eers my kop by die huis uit gesteek het nie. Die kind het regtig geen respek nie.

Yvette ·

We’ll my kind sal dit in die eerste plek nie waag nie.

Waar is die respek vir gesag?

Jasper ·

Die berig verskaf nie veel detail nie, dus maak ek my eie afleidings.
Jannie is mos nou groot want hy rook en drink al.
Jannie is bang hulle vind uit van die tik en porn in sy tas.
Jannie moet sy image gestand doen voor sy vrinne en gooi n tantrum en n besem.
Jannie se ma het soos n feeks te kere gegaan,haar gymsessie net so gelos en met haar SUV huis toe gejaag om daar n senuwee ineenstorting te kry.
Dit maak Jannie se pa so kwaad dat hy alles by die “site” net so los en skool toe jaag om die onnie te foetter.
My afleiding: Janie is al groot en kan nie meer pakslae kry nie. Hy kort nou n paar goeie warm klappe teen daai klein koppie om hom welkom te heet in grootmens wêreld.
Jannie se pa sou ek los dat hy 1ste slaan en hom later kaal in die hof uittrek
Vir die onnie , Bell’s

Hannes De Beer ·

Ek beveel aan dat die jong misdadiger en beide sy ouers se fotos ‘n maandlank op die voorblad van ‘n nasionale koerant geplaas word.

Elize ·

Daai seuntjie kan Bly wees hy is nie my kind!! Hy sou nie velle op sy boude gehad het nie!!! Waar is die respek? Hy het geen opvoeding nie.

Marie ·

Nee wat hierdie seuntjie moet ‘n baie goeie pakslae kry en ek dink sy ouers moet ernstig aandag gee aan sy opvoeding, hy is bestem vir die tronk as hulle nie iets drasties gaan doen nie. Die grootste geskenk wat jy aan jou kind kan gee is goeie opvoeding, ons as ouers moet regtig meer aandag en goeie opvoeding aan ons kinders gee. Onthou hulle is die leiers van more. Wil ook net noem ek haal my hoed af vir die onderwyser, moet se as dit ek was sou ek die kind mos gegryp het.

Lizelle le Roux ·

Bo-en-behalwe die kind se reaksie, is die res van die klas se reaksie vir my amper skokkender! Die kind word basies aangemoedig en almal jil en gil en dit word tot groot vermaak met ‘n selfoon afgeneem. Liewe genade, waarheen het ons onderwysstelsel beweeg? Ek kry elke liewe onderwyser vandag uit my hart uit jammer om met onopgevoede kinders te sit wat hulle moet probeer dissiplineer. Ouers moet ophou geld gee en meer kwaliteit tyd saam met hulle kinders spandeer.

Lizelle ·

…en dan wil die regering lyfstraf onwettig maak. Toe ons kinders was en lyfstaf by die skole en huise toegelaat is, was daar nie hierdie tipe gedrag wat kop uitgesteek het nie. Die bewyse is voor die hand liggend….hou op dink jy kan kinders se swak gedrag paai deur slegs met n “time out” of ” n goeie gesprek” of om hulle te “hok” dit te wil aanspreek…want soms (nie altyd nie) is dit nodig vir n goeie pakslae, maar nee, die “mag” om kinders in lyn te hou word van onderwysers en ouers ontneem terwyl al hoe meer misdaad en geweld toeneem…….en NEE n pakslae op sy tyd en binne perke is nie kindermishandeling nie en om n kind te tugtig het NIKS te doen met die feit dat dit kinders leer om geweldadig te wees nie. Bring lyfstraf terug en die misdaad sal verseker minder word. Begin deur klein jakkalsies vas te vat en dit sal n positiewe invloed op groter misdaad ook he.

Naomi Schulze ·

Lyfstraf is al wat help. Ek het eenmaal ‘n seun ‘n paar houe op die boud gegee nadat hy probeer het om ‘n dogter in die swembad te verdrink. Ek het gedink ek is my werk kwyt, maar die pa het my die volgende dag kom bedank, want die kind het soos handomkeer verander by die huis. Die pa het dit glad nie aan die skoolhoof gerapporteer nie, want hy was so dankbaar dat hulle ‘n oplossing gevind het vir die kind se barbaarse optrede. ‘n Pak slae is soms al wat help

Atel ·

Dis absoluut skokkend! Hierdie optrede spreek boekdele van hierdie leerling en sy klasmaats se opvoeding (tuis), of te wel die gebrek aan opvoeding. My seun is nou in Graad 1. As hy dit ooit in sy lewe waag om so iets te doen, sal hy beslis ‘n behoorlike pak slae kry en ALLE voorregte sal hom ontneem word. Ek gee nie vir als pak slae nie. Gewoonlik is die ontneming van voorregte soos dvd’s, ens. genoegsame straf, maar sulke optrede is beslis ‘n pak slae werd.

Tommie ·

Godsdiens uit skole, lyfstraf verbode.
met tugtiging by die huis beland ouers in howe.
Respek is daar nie meer, kinders regeer
Red ons jeug, hul verloor beheer.
As alles nie volgens hulle wil gaan
word onnies met besems geslaan…

fransie ·

As dit my kind was sou hy vandag nie op sy boude kon sit nie – die klein rubbish – hy word natuurlik by die huis toegelaat om so geweldadig op te tree, stamp en stoot sy ma seker ook so rond. Hy kort duidelik ‘n paar harde klappe teen sy kop. Ek haal my hoed af vir die onderwyser wat deur alles sy “cool” gehou het. Ek weet nie of ek dit sou kon regkry nie. My 3 seuns is vandag volwasse mans MAAR NOOIT het hulle dit geprobeer nie en hulle was stouterds!! My arme man het gesug as hy ‘n oproep van die skoolhoof gekry het en die situasie is uitgesorteer met sy woorde aan die hoof : voeter hom of ek doen dit!!

Willie ·

Geen respek meer in die skoole nie , jammer as dit my seun was het hy gek#% sodra hy by die huis gekom het .

martie ·

Daai mannetjie kan bly wees hy is nie my seun 18 of te not hy sal kry dit kan ek belowe my kinders is goed kort gevat en twee seuns boon op vandag is hulle goed gemanierde kinders met respek vir elke mens en het altwee goeie poste.

Jasper ·

Die “veradagte” is gerook en kort meer as net n paar klappe. Sou goed wees as hy en al sy maters kon diensplig doen waar korporaal op&%@k hulle n paar dinge leer.

Amy ·

Dis baie jammer, dat die kind so moes optree (want hy het mos nou regte, en hy mag nie meer slae kry nie.) I n ons tyd, as ‘n seun hom nie in die klas gedra het nie (of die klas enigsins ontwrig het) is hy kantoor toe gestuur. Daarna, het hy die hele periode verder so gekonsentreer om daai gewikste boude te sit, dat hy nie eens na die maat langs hom gekyk het nie.

Ons meisies het sumier strafklas gekry. Of is sommer ook gewiks, Deur die klasonnie.

Ek onthou ‘n voorval in std 3 waar die onderwyser my so rondgepluk het (omdat ek nie kon wiskunde doe nie), maar het nooit my ouers daarvan vertel nie, uit vrees dat dit my skuld was, en ek by die huis ook gaan pak kry.

Vandag besef ek, daai onnie het verkeerd teenoor my opgetree, maar meeste van my onnies was goeie mense gewees.

Sommer net ek ·

‘n “onnie” wat ‘n kind rondpluk – ….stok en staaf wat ek ook gesê het – hulle almal is nie egeltjies nie. Jammer met ouer aande dan is hulle vroooom – en botter kan nie smelt nie. Ek self kan vandag nie regtig tel , maal en deel nie – want – die WISKUNDE Juff – het nie lekker verstaan dat ek dit nie verstaan nie – jy word die deur gewys voor die hele klas (Std 7) om op die stoep te gaan sit…so nou bly jy eerder stil en weet sy gaan jou miskyk tussen die ander 43 in die klas – en jy op die manier spaar jy jouself die verleentheid…Hierdie outjie is tot die uiterste gedryf…!

Theresa Buitendag ·

Ek sal my mond eers uitspoel oor die voorval wanneer ek al die feite gesien het. Ek weet van kinders wat in my dae op skool (ek is 50) erg gekritiseer en verkleineer is deur onderwysers voor hul klasmaats. My opinie is, respek moet verdien word. Maak nie saak wat jou ouderdom is nie. Dalk is die seun tot die uiterste gedryf, en, dalk hou nie een van die leerlinge van hierdie betrokke onderwyser nie. Ek praat nie die gedrag goed nie, maar onder provokasie kan enigiemand sy rasionele denke verloor en sodoende dinge doen waaroor hy/sy later baie spyt kan wees en wat sy/haar toekoms baie skade kan berokken. Laat ons maar wag en die “storie” van alle kante af aanhoor voordat ons begin “straf” uitdeel.

Sommer net ek ·

Well done hierop! ‘n saak het altyd twee kante – sien elders waar ek sê – wat het gebeur VOOR die video geneem is.

Herman ·

Ek stem saam dat ‘n mens eers al die feite moet kry. Die stelling “respek moet verdien word” is egter totaal onaanvaarbaar – respek kan verloor word ja. Maar kinders moet geleer word dat daar klaar respek is teenoor volwassenes en ouers en onderwysers … verkeerde gedrag (nie volgens hulle mening nie – volgens volwasse mening) laat mens respek verloor vir iemand. Volwassenes neem leiding … nie kinders nie.

Thea ·

Ek is geskok…. Dis tyd dat hierdie land wakker word en lyfstraf terug bring. Ek en my susters het goed uitgedraai, met lyfstraf wat toegepas is in skole. Ek hoop en bid dat daardie seun se ouers teen hierdie kind sal optree. Sit hom in ‘n verbetering-skool. En wat erger is, dit is veronderstel om ‘n “vooraanstaande” te wees. Die opvoeding van daardie kinders en hul “aanmoediging” is om van siek te word. Vir die onderwyser, ek is trots op jou, want as dit ek was, sou hy beslis “pakslae” gekry het!

Ben ·

Weet julle hulle moet sommer sy maaitjies wat hom aanpor ook skors, hulle is medepligtig. Vat hulle in die Gymsaal in en dat die matriek swuns hulle uitsorteer dat hulle kan leer om respek te kry. Ek haat sulke kinders.

Stoere Boer ·

Dankie tog vir CVO skole waar daar nog respek tussen leerlinge en onderwysers is. Hulle het ook rebelle maar die word vinnig vasgevat.

TM ·

Ek weet die moontlikheid is daar dat dit slegte opvoeding is van die ouers of familie wat na die kind omsien. Ek weet ook van kinders wat wel goeie opvoeding kry by hul ouers, maar wel opstandige houding toon en nogsteeds maak en breek soos hulle wil. Stem saam … pakslae en net basiese respek en disipline het vir ons geleer om mense te respekteer. Ek praat nie van aanranding van kinders nie, net goeie paar houe op die boude met die plat hand!

cathy ·

Ek het ook groekoring op die lande. Maar die bybel se moenie iemand vertoring nie. En dis wat daar gebeur het.

Dinknet ·

Stoere Boer, ek stem!! My kinders is ook in n CVO skool, en ons stem toe tot n pak slae! Die kry hul byna nooit want hul WEET wat gebeur as hul hulself wangedra! Ons kinders is goed opgevoed, Christelik in hul handelinge en het respek vir hul onderwysers! Sulke gedrag sal nie in ons skool gesien word nie.

Maria Norval ·

Ek skaam my mors dood vir sy ouers en ook vir hom jy kan sien hy het geen ordentlike opvoeding gehad nie goeie opvoeding begin by die huis.

Sommer net ek ·

Die kind het baie verkeerd opgetree – ek stem ….maar wat het die onderwyser gedoen? Niks…kan ‘n mens so laat optree – as daar GEEEN rede was nie. Daar moes meer gewees het voor die Video geneem is. Ek kan nie net gil – jammer meneer – as ek nie die kind se kant van die saak gesien het nie. Jammer alle onderwysers is ook nie engeltjies nie – ! Daar is die wat ‘n wonderlike werk doen en vir hulle sê ons dankie – maar daar is ook van hulle waar onragverdigheid en soms selfs blatant boellie’s die oorhand kry. Geen kind kan so reageer as daar nie ‘n rede was nie. (Geen rede sê kom die onderwyser by nie -) ! Was daai outjie nie maar dalk ook ‘n slagoffer van onderwyser onragverdigheid wat net genoeg gehad het nie?…

PIeter ·

Met oop oe, met toe oe, met respek, sonder respek. Dit moes nie gebeur nie! Maak nie saak wat die onderwyser aan die kind gedoen hiet nie. Ek stem saam dat ‘n kind ook nie ‘n onderwyser kan “boelie” nie.

Dis net bitter snaaks dat sy “net so moedswillige maaitjie” wat dit op video vasgele het, nie ook enige vermoedelike insidente tussen die onderwyser en kind afgeneem het nie.

Dit is dus ‘n baie billiker afleiding om te maak dat dit wel die kind was wat oorreageer het.

Iemand wat aangerand word mag homself verdedig of jy ‘n onderwyser ‘n dokter of ‘n straatveer is.

Met alle respek, die besem sou hulle nog nog uit sy agterend probeer kry het as dit ek was.

Maar hy, my oe is seker maar toe???

R.B ·

Volgens my is dit geen dissipliene nie , ek meen as n onderwyser vir jou se om uit die klas te gaan en jy doen dit nie gaan hule jou uit help en dan om die onderwyser aanteval? mens sal nooit sien dat n swart kind of n Afrikaanse boer kind dit ooit sal doen nie om dat hulle nog vas glo in displiene dit was in jou in geneek as n kind. kinders van vandag is regtig skrik wekend

Andries Stucki ·

Ongelukkig die barbaarse optrede wat ons onderwysers mee sit vandag en die departement het hulle hande afgekap om die kinders ‘n ordentelike opvoeding te gee. Hierdie is die produk van swak en onbevoegde ouers en ongebalanseerde ouerhuise. Sulke gevalle sal aansienlik verminder word as Godsdiens opvoeding en lyfstraf toegelaat word. Die regering is vinnig besig om ‘n onopgevoede, ongedissiplineerde toekomstige geslag, sonder ‘n ordentelike geleerdheid vir Suid Afrika voor te berei. Die kiesers se straf vir onkundige stemme.

namibiaengel ·

Dank die Vader vir Tegnologie, Almal in die samelewing se agterbakse streke kom nou uit!!!

ronel ·

@Johan
As jy bietjie meer gekonsentreer het op skool, sou jy kon spel.

Elbie Fourie ·

Ek stem volkome met die onnie saam. Sedert ’94 het gedrag, houding, goeie maniere en waardes in die lewe van die Suid-Afrikaner plek gemaak vir die vryheid van die bevolking. Apartheid het mos alles doodgedruk, emosies en veral die vryheid om jou emosionele onstabiliteit met geweld en verwoesting uit te leef. Tragies is die samelewing wat nie meer die waarde van dissipline, waardes en bloot goeie maniere besef of ken nie. Kinders moet van kleins af geleer word om ALLES met respek te behandel, sekere optredes is net nie aanvaarbaar nie maar daar is ‘n totale weerstand en verontagsaming van gesag. Ouers is baie skuldig aan kinders se optrede want onderwysers, die regering en elke vorm van gesag word voor kinders bespreek en afgekraak so wat leer hulle dit is aanvaarbaar om oor alles in opstand te kom en dit met geweld en verwoesting te probeer oplos. Ek blameer ook televisie vir baie dinge want die televisie en die gemors wat gebeeldsend word het die norm geword. Kinders word toegelaat om na programme te kyk wat totaal ongesond is, en hoekom want dit hou hulle besig en die ouers kan rustig aangaan met hulle lewe want die tv sal na die kinders omsien. Ek is ‘n ouma van twee tieners en as ek sien hoe lyk die kinders vandag vries my hart, hulle is slordig, loop openlik en rook in hulle skoolklere, vry in hulle skoolklere op straathoeke en die taalgebruik is skrikwekkend.So ja miskien moet ons as ouers en grootouers begin besin en kyk wat die gebrek aan dissipline, verantwoordelike opvoeding en konsekwentheid veroorsaak en indien dit vir enige ouer aanvaarbaar is dat sy kind hom tot geweld en losbandigheid wend moet ons nie kla oor die misdaad nie want dit word gekondoneer. Ten slotte wil ek net sê dat ‘n kind net doen en sê wat hy sien en hoor so as die blootstelling aan onaanvaarbare gedrag sy verwysing is sal hy dit ook beoefen want hy ken niks anders nie. Ons as ouers ontvang hulle met ‘n skoon blaadjie en dit wat op daardie blaadjie geskryf word is en bly die ouers se verantwoordelikheid dit is uiteindelik ons optrede en voorbeeld wat ‘n blywende invloed het.

elanie meyer ·

Ons is op skool getugtig as ons ongehoorsaam was en nie huiswerk gedoen het nie, het ons ooit onderwysers met besems geslaan omdat ons tot die uiterste gedryf was NEE!!!!! Hy is verseker nie tot die uiterste gedryf nie, hy is net plein weg n ongeskikte arrogante 14jarige seun! Julle is vinnig om altyd die onderwysers sleg te sê en die skuld te gee maar gaan sit julle vir net eendag in ‘n klas waar jy met 30 verskillende persoonlikhede, huislike omstandighede en opvoedings werk en kyk of julle nie ook dalk moedeloos sal raak nie!! Ons word daagliks verneder, voor geskree, gevloek ons mens wees word afgebreuk maar nooit sal julle sê die onderwyser was tot sy/haar uiterste gedryf nie!!! Ons moet ophou die fout by almal soek en die blaam vir ons kinders se gedrag altyd probeer regverdig en ons kinders se swakhede raak sien en daaraan werk dat hulle goeie hardwerkende jong mans en dames word wat verantwoording vat vir hulle dade!!! As die seun in n werk eendag is mag hy dan sy baas ook aanrand as hy voel hy dryf hom tot sy uiterste toe??? Mag die seun sy ma en pa slaan as hulle hom aan sy arm vat? Hoekom mag hy dit dan met iemand anders se pa doen? Wat hier gebeur het is totaal en al onaanvaarbaar maak nie saak hoe ‘n mens dit probeer regverdig nie!!!

Johannes vd Walt ·

Die bybel se spaar die roede nie nou is dit die onderwyser se skuld wie se skuld gaan dit wees as daardie onopgevoede seuntjie wat tot die uiterste gedryf is oor n jaar of twee jou dogter verkrag of jou ma vermoor gaan hy dan ook onskuldig wees omdat hul hom tot uiterste gedryf het ? vra maar net. Ek dink die wetgewing van geen lyfstraf ens is net om ons jongmense wat die groot mense van more is onregeerbaar te maak en dan wat.

Johan R ·

Ek lag myself nou behoorlik lam.

Snaaks hoe mense sê respek moet verdien word, maar indien hulle in die situasie geplaas word, gaan hulle teen alles wat hulle sê en voorskryf. Ja onderwysers is mense, hulle maak ook foute. MAAR… kinders ook. Kinders van 20, wat babas uitdruk soos kleingeld by ‘n tiekieboks weet nie eers wat om met hulle self te doen nie, wat nog te sê van ‘n baba. Vuil taal, pornografie, dwelms is aan die orde van die dag. Stem saam: wat was in die tas?

Ouers verwag dat die skool hulle kinders moet leer van reg en verkeerd, morele waardes ens, maar kinders is nie onskuldig nie.

Die hartseer van die saak is dat ouers hulle plig versaak sover dit selfrespek, selfdissipline en morele waardes aanbetref. Dit moet tog by die huis op ‘n daaglikse basis ingeskerp word.

As die opvoeding by die huis gedoen word kan die onderwyser/es die werk doen, waarvoor hulle hard gestudeer het, en hulle taak sal aansienlik makliker wees. Vir meeste onderwyser/es gaan dit nie oor die baie vakansies of die halfdag ? werk nie, maar uit en uit ‘n liefdestaak.

Enige mens kan net soveel verduur en nie meer nie.

Se maar net.

WM ·

Die volle waarheid is nie aan ons bekend nie en volwassenes moet nie net aannames maak en oordele uitspreek nie. Dalk het van julle die volle agtergrond van die voorval en nie die pers se getuienis en beriggewing daarvan nie. Ek het ‘n insident gehad wat ek graag wil deel. Debbie – druk jou ore toe want jy wil dit nie hoor nie. Ek was in Stds. 7-9 in ‘n top skool met dissipline. Sulke goed word nie in top-skole geduld nie klaar – nie van kinders nie, maar ook nie van onnies nie. Ek het in SWA groot geword en tot St 9. daar skool gegaan, was in drie hoërskole en het in 1972 matrikuleer. In twee van die skole was daar leerkragte wat kinders geboelie het. Ek is klein van postuur maar het in SWA koshuise hard groot geword. In SWA moes ons opstaan wanneer ‘n onnie met jou gepraat het. In die Republiek was dit anders. Ek was akademies sterk en goed in sport, m.a.w. betreklik gewild in skole (en Jasper – ek het nie gerook, gedrink of ‘n Mark Condor boekie in my tas gehad nie.) Nuut in die laaste van my drie skole het ek die een dag opgestaan om ‘n vraag te beantwoord. Die onderwyser het flank vir die dorp se eerste rugbyspan gespeel, was fiks en twee keer groter as ek. Net omdat hy self onopgevoed was, het hy my opstaan met arrogansie verwar. Hy het my van sy tafel voor in die klas bestorm en my gestamp dat ek oor twee lessenaars trek. Dit was seer genoeg. Dit was sy laaste stamp aan ‘n leerling. Ek het hom op die enigste manier wat ek geken het met ‘n goed berekende vuishou nederig gehou, omgedraai die klas verlaat en vir die niksvermoedende skoolhoof gevra waar die dissipline in sy skool is. Daar was ‘n ondersoek, die skurk is verplaas en ek hoop hy het vir die res van sy lewe vir sy sakgeld in ‘n klein plattelandse dorpie biblioteekboeke moes reg pak. Klein outjies boelie was blykbaar sy sterkpunt. Onder maats was ek ‘n held en soos ek tydens ‘n reünie onlangs eers verneem het, onder meeste van sy kollegas ook. Ek was nooit trots op wat ek gedoen het nie. Nou:

1. Skole kort dissipline wat vir leerders en onderwysers ewe veel moet geld. Die middelste van my skole in SWA het ongelooflike dissipline gehad. Selfs 1SDB en later die Pantserskool was vergeleke daarmee mak. Ons was gelukkige kinders gewees.
2. Sedert 1994 argumente is net gedeeltelik geldig. Mens kan nie die roede terug bring en dit dan onvoorwaardelik aan die oordeel van onderwysers laat nie. Alle onderwysers is nie noodwendig leerkragte nie. Soos in alle ander beroepe met gemiddeldes en onder-presteerders is baie van hulle ook maar net daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.