Wetenskaplikes by die Universiteit Lincoln in die VSA stel ondersoek in na hoe robotte langtermynverhoudings met mense kan ontwikkel. Die soort eienskappe by robotte kan belangrik wees om as geselskap te dien vir bejaardes en mense met outisme.
Die “emosionele” robot wat bestudeer word heet Erwin ((Emotional Robot with Intelligent Network) en die minder emosionele robot heet Keepon.
Erwin kan vyf basiese emosies ervaar, terwyl Keepon emosieloos is, en die idee is om te sien wie van die twee die mees geskikte is om langtermynverhoudings met mense aan te knoop.
Bron: Independent, VK