Video: Ontstoke klant maak amok in selfoonwinkel

Foto: Youtube

ʼn Ontstoke klant het amok gemaak in ʼn selfoonwinkel in Manchester in Brittanje nadat personeel glo geweier het om sy geld terug te betaal.

Die Daily Express berig dat die man selfone van die mure afgeruk en ʼn brandblusser in die T-mobile-winkel leeggespuit het. ʼn Woordvoerder van T-mobile sê die man was ontstoke aangesien hy daarop aangedring het om sy geld terug te kry maar personeel geweier het om dit vir hom terug te gee. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Lees meer hier.

Die video is deur Niall42 op Youtube gelaai.

http://youtu.be/VbnEB9ntztY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LoodB ·

Vodacom se data kontrak diens en epos kliënte diens het ek ook al gevoel ek kan die plek omdop en besighede met onbeskofte personeel. Dis duidelik uit die mense se cheer dat die besigheid se diens swak is. Dis net jammer iemand moet altyd ‘n prys betaal om dit vorendag te bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.