Video: Ontvoerde Amerikaner versoek Obama se hulp

Warren Weinstein

Warren Weinstein

Die video volg onderaan die berig. ʼn Bejaarde ontwikkelingswerker van Amerika wat twee jaar gelede in Pakistan ontvoer is, het in ʼn nuwe video pres. Barack Obama versoek om sy vrylating te onderhandel.

Die Associated Press het die beeldmateriaal Donderdag ontvang waarin Warren Weinstein sê hy voel “verlate”.

Weinstein (72) was ʼn direkteur vir JE Austin-vennote in Pakistan, ʼn Amerikaanse maatskappy wat sake- en regeringsektore in Pakistan van raad bedien.

Hy is in 2011 uit sy huis in Lahore ontvoer.

Al-Kaïda het verantwoordelikheid vir sy ontvoering aanvaar.

Die video en ʼn meegaande brief wat glo deur Weinstein geskryf is, is anoniem aan verslaggewers gestuur. Die byskrif vir die video is “As-Sahab”, Al-Kaïda se mediavleuel.

Daar is nie ʼn manier om die egtheid van die video te bevestig of te bepaal wanneer dit gemaak is nie.

Weinstein het in 2012 ook in ʼn video verskyn waarin hy pres. Obama se hulp versoek.

Alberto Rodriguez, woordvoerder vir die Amerikaanse ambassade, het ten tyde van Weinstein se ontvoering gesê hulle werk saam met owerhede van Pakistan.

Amerika het egter ʼn beleid om nie met terroriste te onderhandel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.