Video oor plaasaanval ís eg, sê AfriForum

Beeldmateriaal uit die video

Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het intussen kommentaar gelewer op die reaksie wat die plaasaanval-video uitgelok het. Klik hier om sy artikel te lees.

AfriForum het Dinsdag gesê beeldmateriaal van ʼn plaasaanval wat Maandag deur hulle bekendgemaak is, is eg en daar is geen rede om die egtheid daarvan in twyfel te trek nie.

Dit volg na sommige mense, waaronder ʼn bekende radioaanbieder, die egtheid van beeldmateriaal  bevraagteken het. Maroela Media het ook hieroor  berig,  waarna die video soos ʼn veldbrand versprei het. Teen Dinsdag is die video reeds meer as 64 000 keer gekyk. Kyk die video hier.

AfriForum het Maandag aangekondig die beeldmateriaal sal deel vorm van ‘n voorlegging oor plaasmoorde wat die burgerregte-organisasie  op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, het Maandag na Europa vertrek en sal die voorlegging saam met Alana Bailey, mede-adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, voorlê.

Johrné van Huyssteen, ʼn omroeper van OFM, het Dinsdag op Twitter geskryf: “Iets is nie reg hier nie. Kon iemand al die plaaseienaars opspoor? Polisie wat dit ondersoek? Kyk comments by Maroela.” Kort daarna het hy getwiet: “Groot moeilikheid as iets aan VN gewys word wat nie 100% legit is nie.” [sic]

ʼn Ene Kaptein het op Maroela Media se artikel reageer en gesê: “Hierdie lyk gestage vir my”. [sic]

Quintin Pretorius het geskryf: “Ek is jammer om te se maar ek dink ook so, dit is duidelik dat hierdie video besig is om op mense se gevoel en te speel met `n baie, baie sensitiewe aangeleentheid. Maak nie `n fout nie dit is een groot probleem, maar ek dink nie hierdie is `n regte poging nie.” [sic]

Gerdie Landman het geskryf: “Paar dinge pla my in die Video…? Dit lyk na nuwe oorpakke en die kleur en kleredrag pas nie by tipiese RSA kriminele nie..? Die een hou sy hand oor die CCTV Kamera, maar breek dit nie af nie…? Hulle steel niks terwyl hulle daar is nie, verseker sou regte kriminele kos of drank gebuit het…? Hulle sluip te stadig en rustig asof hulle tog te bang is om betrap te word…? Hulle lyk gewapen met handwapens, waarom sou hulle dan so bang en versigtig wees…? Veral as hulle doelgerig daarop uit was om te gaan moor…? Iets rym nie hier nie…? Dit lyk vir my na ‘n opvoering…?” [sic]

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Dinsdag aan Maroela Media gesê daar is geen twyfel dat die video eg is nie. Hy ken persoonlik die eienaar van die plaas naby Schweizer-Reneke in Noordwes waar die voorval plaasgevind het en het die boer gaan sien nadat die boer die beeldmateriaal onder oë gehad het.

“Die boer en sy gesin is sowat vier jaar gelede deur ʼn groep mans op hul plaas oorval en beroof. Hy het daarna besluit om veiligheid by sy huis op te skerp deur kringtelevisiekameras te installeer. Ná die onlangse voorval het hy die beeldmateriaal aan AfriForum oorhandig omdat hulle nie meer vertroue in die polisie het om iets aan die saak te doen nie, en omdat hy weet AfriForum veg teen plaasaanvalle,” het Cameron gesê.

“Hierdie video bevat die onaangename werklikheid. Dit raak gebiedend noodsaaklik dat die publiek meer pro-aktief optree deur by gemeenskapveiligheidsnetwerke in te skakel. Dit is AfriForum se grootste prioriteit wat veiligheid betref.”

Hy het voorts gesê die oorspronklike kassette is beskikbaar en kan vertoon word aan diegene wat dit wel betwis. “Die betrokke boer praat ook vanmiddag tussen 13:00 en 14:00 op RSG se middagprogram Spektrum, vir die wat wil inskakel en luister. Die boer het om verskeie redes gevra om anoniem te bly,” het hy bygevoeg.

Lees ook:
Video: Sekuriteitsvideo-opname van plaasaanval
AfriForum stel opname van plaasaanval beskikbaar

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Vlekkie van Deventer ·

Of dit egter ware beeldmateriaal is of nie, die feit is dat hierdie tipe ding ELKE DAG in meer as een huis gebeur. Dit is ‘n ware voorstelling indien dan nie die ware jakob nie. Nogsteeds behoort mense die waarskuwing te aanvaar en hulleself te beveilig.

Sara Clegg ·

Ek hoop diegene in die media wat die video as vals beskou, sal die grootmoedigheid hê om indien hulle na die oorspronklike bande gekyk het en die ware toedrag van sake sien om verskoning te vra. Ek dink nie Afriforum sal so dom wees om op ‘n internasionale verhoog met ‘n vals voorstelling te gaan staan nie. Hulle is te ordentlik om al die wreedaardige foto’s van die slagoffers te vertoon – wat eintlik moet gebeur. Hierdie selfde joernaliste was seker baie gou om arme Flippie Engelbrecht se saak wat op die ou einde ‘n klomp dwaalleringe bevat het, hand en tand te beveg.

Fernando ·

As ek so na al die kommentaar oor die video kyk, dan dink ek die meeste mense is teleurgesteld oor dit nie die geweld uitwys nie. Dit is net soos ‘n ongeluk waar die verkeers opeenhoping veroorsaak word omdat al die “rubbernekke” stadiger ry. Nie om versigtig te wees nie, maar om te kyk of hulle bloed kan sien.

Willem ·

Sunette Bridges bevraagteken ook die egtheid van die beeldmateriaal op haar FB blad.

Jan Sempels ·

” Nie eg nie ” , “gestage” , “kleredrag stem nie ooreen met SA kriminele nie ” …. wanneer sou hierdie beelde wel aanvaar word ? Watter kleredrag is dan wel pasbaar by kriminele ?? Sou hierdie beelde aanvaar gewees het as hulle in beeld die boer of sy vrou , aanrand, verkrag en daarna doodkap met panga’s ?? Sou dit aanvaar word as die beelde wys hoe miskien die kinders voor die camera verdrink word in kookwater ?? Sommige onder ons moet een keer gaan sit en regtig nadink oor dit wat besig is om te gebeur.

Willem ·

Ek sal jou sê wat gebeur Jan. Niks anders as om ‘n angsbevange volk te kweek wat hardloop met onuitvoerbare volkstate en selfbeskikking idees wat nooit sal realiseer nie.

Madeleine ·

Jou pateet, dit is vriende van ons gemeenskap!!
Julle moet wakker skrik in hierdie land wat hulle
sê Suid Afrika, daar wag vir julle nog baie verrassings
WORD WAKKER!!!!!!!

Maderyn ·

Willem ek dink jy moet eerder saam met die kinders buite gaan bal skop as die groot mense gesels!

Willem ·

Julle twee dis ‘n opgemaakte video. Sunette het dit ook op haar FB blad gese. Kry julle twee wat massa hesterie beleef ook ‘n ou fooitjie onder die tafel?
Maderyn ek het gelukkig baie tyd om saam met my kinders te speel, meer as jy.

abigail ·

Hahaha o so sunette bridges weet als?genade dis n patetiese antwoord! Ek lag so lekker,sunette hahaja

Seg ·

Die boer het sopas op RSG bevestig dat die video eg is. Hy seg dat die slaapkamer ‘n groot veiligheidshek voor het en dat hy met die TV aan aan die slaap geraak het. Hulle moes dit gehoor het en daarom so stadig en stil beweeg het, aangesien hulle gedink het hy is wakker. Hy was voorheen beroof.

johanna ·

hierdie is waar, mense wil dit net weg wens, al gehoor van die boere moet vermoor word, hoekom iets steel as jy moord kan pleeg en help van die boere ontslae raak, die wat se die video is nie eg nie, lewe in ‘n verbeeldings wereld, alhoewel ek in die dorp op Schweizer bly, is my hart boer, en ja al is ek ‘n vrou sal ek my mense help baklei om hierdie gemors uit te wis, dink weer voor dat julle se die video is vals. Sterkte vir julle, mag ons met behulp van ons mede wit boere en ons Hemelse Vader hierdie gemors uitwis

Maderyn ·

Ek was altyd trots om ‘n Suid Afrikaner te wees. Trots op ons nasie en vir alles waarvoor ons staan. Deesdae is ek teleurgesteld in ons nasie. Niemand staan saam nie. Honderde boere en hul gesinne word elke jaar vermoor op die aakligste denkbare wyses! As ‘n ma vrees ek elke dag vir my kind se lewe. Hoe lank gaan dinge nog so aangaan voor iemand iets doen? Hoe lank nog voor almal wakker word en sien daar is ‘n probleem. Of hierdie video eg of nie eg is nie, boere word elke dag vermoor en dis die harde werklikheid. Mense gaan mal oor leeus wat geskiet word, maar as dit kom by onskuldige mense se lewens dan is almal stil en hoop dit sal maar verby gaan. Gaan kyk hierdie video. Verbeel jouself dis in jou huis, met jou geliefdes wat daar le en slaap, en dan praat ons weer. Kom mense, ons moet saam staan. Dis nou of nooit nie!

PURE BOER ·

Luister ou Willem. Wil jy he jou kind moet verkrag word voordat iemand jou glo?
Jy laat my dink aan die anc, julle voel niks al is da n kreet vir hulp van BOERE.
Het jy al gehoor van mens wat wakker gemaak word deur boewe? Jy het. Nou hoe is dit moontlik????? Hou op dom wees OKAY,,,, hulle doen dit stadig en met baie tyd (wat hulle het) Dis nie n v()ken hijack in die middel van die dorp en helder oor dag nie. Jy soek net geweld sodat jy kan glo,,, vir jou kry ek baie jammer, want jy is nog nie mens werd nie. Gaan bietjie na plaas slagoffers toe en gaan vra n bietjie uit oor hoe het hulle aanval gebeur, net jammer jy kan nie die vra wat by ons se Hemelse Vader is nie.
Word groot

Bronwyn Pieterse ·

Ek kan julle verseker die beelmateriaal is eg. Die boer het AfriForum op sy eie genader met die beeldmateriaal. Mense wil nie die realiteit sien nie. Plaasmoorde is `n werklikheid, wreedaardige moorde is `n werklikheid en die feit dat niemand anders iets daaraan doen nie is `n teleurstelling.

Ria Visser ·

Stem saam met Maderyn…..vraag?…..kan boere saamstaan….?

Hanlie ·

Ek het na die video gekyk en ek wonder ook of dit nie gestage is nie. Ek het al ander videos gesien van inbrekers by huise en hulle was wel op ‘n manier versigtig maar het met ‘n houding die huis ingeloop en die mense gevra om te gaan le. Hier lyk dit die heel tyd of hulle bang is vir iets wat iewers gaan op “pop”.
Ek het van die berig verstaan dit is 4 jaar gelede geneem, maar hoekom is die datum dan 2013?

Arno Snyman ·

Ek dink dis nogals skrikwekkend oor hoe mens kan redeneer oor sulke dinge. Party mense wil graag glo dat SA nie so sleg is nie, maar om die waarheid te sê probeer ons regering en ons polisie ons uit te buit. Al is die video eg or nie eg nie, dit stel werklik voor wat in so geval gaan/kan/sal gebeur.

Ian Cameron ·

Ek is so teleurgesteld oor die goed wat gese word. Almal maak aantygings sonder die feite. Sunette en maats, bel my gerus van 8:00 more af indien julle die feite wil hoor. AfriForum se hoofkantoor sal my nommer aan julle verskaf. Praat met my voor dinge gese word wat nie waar is nie. Groete

Shane ·

Hierdie lanies lyk soos die tjakker outs by my klab. hulle lag jou bang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.