Video: Oorlog van die miere…

miereDie video volg onderaan die berig.

Twee onwelkome indringerspesies miere het die VSA gekies om hul oorlog vir dominansie te veg. Beide spesies, ‘n spesie malmiere en ‘n spesie vuur-miere, kom van Suid-Amerika af.

Die vuur-miere het die VSA ‘n paar dekades gelede bereik, en gou versprei. Hulle is veral berug vir die gif wat hulle inspuit, wat ook vir mense baie pynlik is en vir mense wat allergies is, groot ongemak veroorsaak.

Die malmiere het eers in 2002 die VSA bereik, en met hul opmars begin. Hulle blyk die enigste te wees wat die vuur-miere kan baasraak, maar dit gebeur nie sonder ‘n hewige oorlog nie.

Navorsers het opgelet dat ‘n malmier wat deur ‘n vuur-mier gesteek is, dadelik terugval, en opkrul. Hy onttrek dan met sy bek iets uit sy stert, wat hy met sy voorpote oor sy hele lyf smeer. Kort voor lank storm hy weer met herwonne kragte die geveg in.

Die navorsers het vasgestel dat die stof wat die malmiere as teengif gebruik, dieselfde stof is waarmee die miere hul prooi of vyand oorweldig.

Hoewel die vuur-miere se steek baie pynliker is as enige ongemak waarmee die malmiere hul kake kan inspan, het hulle minstens die “ordentlikheid” om buite te bly. Die malmiere trek egter maklik in huise in, en wanneer die pesbeheermense se hulp ingeroep word, word skopgrawe vol dooie malmiere uitgegooi.

Die bevindings van die navorsing is Vrydag in die Journal of Science gepubliseer.

Volgens Yahoo News tel SuidAfrikaa onder die lande wat deur ‘n ander spesie malmiere, die geel malmier, bereik is.

Bronne: Christian Science Monitor,  Tech Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Miere kan n groot pes wees. Ek self is in plaag beheer en sien hoe miere mense se grasperke ens verniel.

Kindertjies word gebyt sowel as volwasse mense. Dit is geensins lekker nie.

Ek se dankie aan Maroela vir die inligting wat hulle verskaf. Nie net oor nuus nie maar oor allerhande ander dinge ook.

Kobus ·

Nou wat hang jy hier op die forum rond as jy in die plaagbeheer is? Daar is baie werk vir jou in die parlement!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.