Die Wes-Kaapse regering sê dis nog te vroeg om te bepaal presies hoeveel skade die naweek se oorstromings in die provinsie aangerig het. Die Stad Kaapstad sê hy het reeds bykans R3 miljoen bestee aan hulp vir duisende mense wat dakloos gelaat is.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.