Video: Oscar se motiewe vir appèl onder loep

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/Sapa

Die Nasionale Vervolgingsgesag bevraagteken Oscar Pistorius se motiewe vir sy appèl teen sy borgtogvoorwaardes.

eNuus, wat eksklusief insae gehad het in die staat se betoë teen dié appèl, verneem ook dat die staat gaan aanvoer Pistorius besef nie die erns van die moordaanklag of die gevolge daarvan nie. Pistorius staan tereg vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Sy borgtog-appèl word Donderdag in die hof aangehoor.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Poppie ·

Ek dink Oscar besef nie wat hy aangevang het nie. Ek dink hy wil die land uit en vlug so hul e moet nie sy paspoort vir hom terug gee nie. Hy het n moord gepleeg tot hy skuldig bevind word

Mev E J Otto ·

Selfs sy oom betoog dat hy n normale lewe kan lei Eish die man het mos alle reg op nomaliteit weg geskiet Klink so of hul reken hierdie is net normale prosedures en more oormore is als verby en kan die outjie normaal voortgaan Sou dit die geld wees wat hul so selfversekerd laat Wat is hy anders as elke borgtog gevangene? Waarom mag hy op voorregte roem Juis hy wat in staat is om oorsee verder te leef Nee wat Ek dink Hul moet nie hier voorkeur bewys nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.