Video: Oscar vs. Maserati die perd

Foto: Youtube

Die Paralimpiese lemnaeler Oscar Pistorius spog met nog ʼn oorwinning op sy kerfstok nadat hy stof in die oë geskop het van Maserati.

Die Daily Mail berig dat Pistorius en Maserati, ʼn Arabiese perd, mekaar oor 115m die stryd aangesê het tydens die ‘Run Like The Wind’-uitdaging in Doha, Katar. Pistorius het 15m voor Maserati begin om eerste die wenstreep oor te steek. Die resies was ten doel van die bevordering van gestremde sportsterre en teen die diskriminasie van gestremde persone.

http://youtu.be/0tT6w997Qtk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.