Video: Oud-Blou Bul se liefdesdriehoek ontbloot

ʼn Video oor ʼn nuusstorie wat Suid-Afrika aan die praat gehad het, kom met die hele sak patats vorendag oor die liefdesdriehoek van oud-Blou Bul Deon Helberg, sy model-meisie Jalien Reyneke en haar ma, Manda…

Tara Brown van die Australiese televisieprogram 60 Minute som dié storie op as: “ ʼn storie so sappig soos enige sepie en net so vergesog. Dit het begin as ʼn liefdesdriehoek tussen ʼn internasionale model, haar sportster-kêrel en ʼn obsessiewe ma. Dan volg ʼn moordkomplot, Nigeriese sluipmoordenaars en ʼn sensasionele hofsaak. Maar wat die storie nog meer merkwaardig maak is hoe die dogter haar ma se verraad hanteer het.”

Die onderhoud, getiteld Mother Daughter Boyfriend love triangle, is vroeër die maand uitgesaai en het kort daarna op YouTube beland. Die video is deur die gebruiker LSKfulleps op YouTube gelaai.

http://youtu.be/UBc5IkKrt94

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.