Video: Oud-Matie ‘n grootkop by NASA

Die video volg onderaan die berig. Van die Namib-woestyn tot op die Rooi Planeet. Dít was die pad van ‘n oud-Matie wat deesdae direkteur is van projekformulering by NASA in die VSA, se sogenaamde “Jet propulsion Laboratory”.

Professor Japie van Zyl het ‘n gaslesing aangebied by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-universiteit, waar hy die Mars Curiosity-sending met rúgby vergelyk het.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op Dstv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Alhoewel ietwat ouer as prof Japie van Zyl, het ons dieselfde skool te Outjo in Namibië bygewoon.

Sy pa was ‘n eertydse bantoesake-kommissaris in die Noordweste van Namibië wat bekend staan as Kaokoland. van Zyl (Snr) was vir baie jare daar werksaam en het hy en sy vrou diep spore getrap in die Kaokoland. Die welbekende van Zyls-pas is na Snr vernoem.

Prof Japie se eggenote is ook ‘n boorling van Outjo en het ook dieselfde skool bygewoon. Japie se familie is nog in Namibië woonagtig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.