Video: Ouers pak mekaar voor skool

Ouers baklei voor 'n skool. Die video volg onderaan die berig.

Ouers baklei voor ‘n skool. Die video volg onderaan die berig.

Waarskuwing: Die video bevat kru taal en beeldmateriaal wat sensitiewe kykers kan ontstel.

ʼn Video van ouers en kinders wat voor ʼn skool in Suid-Afrika baklei, maak opslae in die land en versprei soos ʼn veldbrand op sosiale netwerke.

Maroela Media verneem die voorval het by die  Hoërskool Elspark in Germiston plaasgevind. Dit kon egter nog nie bevestig word nie.

Die beeldmateriaal is reeds op 8 November verlede jaar deur die gebruiker JP VAN op YouTube gelaai met die beskrywing: “not a good example for the kids” [nie ʼn goeie voorbeeld vir die kinders nie]. Die video is Donderdagoggend amper 60 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ria Maritz ·

As dit nou die voorbeeld is wat gestel word vir en voor leerlinge … julle is van daardie Suid-Afrikaners waarvoor mens skaam kry. SIES !

Babs ·

Ek hoop nie dit is die tipe opvoeding wat die kinders by die huis kry nie. Ordentlike ouers sou dit uitgepraat het en nie soos barbare voor ander leerlinge baklei het. Skaam julle!

Karin ·

Nee goeie genugtig, hierdie is regtig onaanvaarbare gedrag van Ouers om enige kinders toe te laat om mekaar in skoolklere voor die skool te beet te pak, maar dan weer wat kan mens nou anders verwag van Ouers wat vloek, skel en mekaar sommer wil slaan ten aanskoue van ander Leerlinge. Wat het van SA en spesifiek Afrikaners se standaarde en norme geword? Ons is gou om Ander Kleuriges te kritiseer oor hulle gedrag, maar hier is ‘n duidelike voorbeeld van hoe laag mens kan daal!

Juran ·

Sommiges van ons probeer Suid-AFrika ‘n beter plek maak vir daai mense en hulle kinders. ai, wens net almal wil dit in hulle koppe kry. Daardie kinders het sopas geleer dat ‘n kopslaan die regte uitweg is. Tragies.

Liza-Nel ·

“For some It is easier to fight for their principles rather than to live up to them.”
― Alfred Adler

Liza-Nel ·

“For some it is easier to fight for their principles rather than to live up to them.”
― Alfred Adler

J Le Roux ·

Dis tragies!!! Dis nou manne wat n voorbeeld moet stel vir die jonger geslag. Ek dink persoonlik albei pa’s moet liewer nie weer probeer baklei nie, want hulle kan nie! Regte mans praat n probleem uit!

Adoons ·

Rêrig onnodig van Maroela om so iets te plaas. Dit is nie nuuswaardig nie en dit sê iets van wie Maroela dink is sy tipiese lesers. Haal tog af asb.

Natasha ·

Enige man kan sy humeur verloor en so te kere gaan, n ware man kan sy humeur beteul en n situasie uit praat

eileen de lange ·

Man – hulle praat te veel – slaan net – die een wat die 1ste in hou in het is die wenner – hahahah- regte klomp sussies – regte bang Afrikaners –

eileen de lange ·

Man – hulle praat te veel – slaan net – die een wat die 1ste in hou in het is die wenner – hahahah- regte klomp sussies – regte bang Afrikaners –

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.