Video: Oupa red kleuters van haai-aanval

Paul Marshallsea en die haai

Paul Marshallsea, ‘n 62-jarige oupa van Brittanje, het kleuters se lewens gered toe hy onlangs met ‘n haai in vlakwater in Australië gestoei het.

Marshallsea was met vakansie by Bulcock-strand in Queensland toe die alarm afgegaan het om toeriste oor ‘n haai in die water te waarsku. Hy het glo na die water toe gehardloop waar “talle babas en kleuters” geswem het, berig BBC. “Dit kon baie erg gewees het,” het Marshallsea gesê. “My instink het oorgeneem.”

Marshallsea en Terry Dale, ‘n wildbewaarder, het probeer om die bykans 2m-lange walvishaai terug in die see in te druk. Marshallsea het die haai aan sy stert gegryp, maar die haai het omgedraai en hom amper gebyt. “Hy het in ‘n breukdeel van ‘n sekonde byna my been afgebyt,” het Marshallsea gesê. “Hy was baie vinnig.”

“Mense sê dit was ‘n dom ding om te doen, maar as jy ‘n pragtige wilde dier sien wat sukkel om te oorleef, dan respekteer jy hom en wil jy hom help,” het Marshallsea verduidelik. Die haai se babas het blykbaar tussendeur Marshallsea se bene deurgeswem terwyl hy die dier probeer red het.

http://youtu.be/bMFUt8AIxEk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Dit sou die eerste opgetekende geval wees waar ‘n Walvishaai iemand byt. Dit is waarskynlik ook die eerste walvishaai wat kleintjies het op ‘n lengte van slegs 2 meter. Daar is heel moontlik fout met of die sensasie wat geskep probeer word in die oorspronklike berig of met die vertaling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.