Video: Pa se dogter toe nie oorlede nie

Die video volg onderaan die berig. ʼn Pa van Rockford, Alabama in Amerika was oorbluf toe hy 45 jaar later met sy dogter herenig is. Hy was onder die indruk sy is oorlede.

Terwyl Charles Lutzow se vrou, Stella, byna 50 jaar gelede swanger was, het hulle besluit om te skei. Sy het later vir hom gesê die baba is met geboorte oorlede, berig WIFR. Sy het die dogter egter laat aanneem.

Stella het dié geheim vir haarself gehou tot haar afsterwe in 2003.

Hul dogter, Keri Abercrombie, het in Desember 2012 die aannemingsregister en Facebook geraadpleeg en uiteindelik met haar broer in verbinding getree nadat sy vir hom verduidelik het wie sy is.

Abercrombie het Dinsdag haar gesin vir die eerste keer ontmoet.

“Ek kan nie verduidelik hoe opgewonde ek is nie,” het sy aan WIFR gesê. Lutzow het glimlaggend met sy arm om haar skouer gestaan. Sy het die nuus ook op Facebook bekend gemaak. “Het uitgevind dat ek ʼn hele familie hier het,” het sy geskryf. “Ek was geseënd om die wonderlikste aanneemouers te hê. Alle eer aan God wat my gehelp het om my bloedfamilie ook op te spoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.