Video: Pa spring uit bewegende kar om kind te red

ʼn Man het uit ʼn bewegende voertuig gespring om sy 4-jarige dogtertjie te red wat in ʼn besige kruising uit die voertuig geval het. Dit het in die stad Wenzhou in China se Suidoostelike provinsie, Zhejiang, gebeur. Die video is op 11 Mei deur The Telegraph op YouTube gelaai.

Die koerant berig die beeldmateriaal is deur ʼn verkeerskamera opgeneem. Dit wys hoe die kind by die voordeur uitval en voor ʼn taxi beland. Die taxi slaag daarin om betyds te stop. Daarna spring die pa uit die voertuig, wat aanbeweeg en teen ʼn boom aan die kant van die pad bots. Die pa tel haar beskermend op en dra haar in sy arms weg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.