Video: Padwoedevoorval

Waarskuwing: Die video bevat krutaal wat sensitiewe lesers mag ontstel

ʼn Plaaslike koerant in Middelburg het ‘n video opgespoor van die beweerde padwoedevoorval, waartydens mense met ʼn verfbalgeweer geskiet is, wat verlede Saterdag in die dorp plaasgevind het.

Die Middelburg Observer het Donderdag die eksklusiewe video van die voorval bekom en op YouTube gelaai. Die video wys passasiers van die Quantum-bussie wat baie aggressief optree en wat moontlik aanleiding gegee het tot die voorval.

Johnny van Eeden (22), Ernest Hartzenberg (23) en Mossie Moss (40) het Dinsdag in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die mans het hulself na die voorval aan die polisie oorgegee en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Lt.kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Vrydag aan Maroela Media gesê die saak is tot 1 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Die drie mans het intussen ʼn teenklag van kwaadwillige saakbeskadiging en onsedelike aanranding aanhangig gemaak. Hltathi het gesê die sake word apart ondersoek. “Ons is besig om verklarings in te samel. Dit sal dan aan die openbare vervolger oorhandig word, wat dan op die nodige stappe sal besluit,” het hy gesê

Maroela Media het Sondag berig 10 mense is in die beweerde padwoedevoorval beseer. Die voorval het glo plaasgevind nadat ʼn taxibestuurder nalatig bestuur het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul Joubert ·

Hierdie video is tog sekerlik ná die verbalskietery geneem, dan nie? Die mense sal tog nie met verbalgewere begin skiet terwyl die polisie op die toneel is nie. Daar is ook ‘n kol op die een ou se hemp.

Dan kan die gedrag in die video tog nie aanleiding gegee het tot die voorval nie, aangesien die video ná die voorval geneem is, of verstaan ek verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.