
Joseph Hardman, paramedikus, saam met dr. Michael Brown, kardioloog by DMC Cardiovascular Institute. Foto: Detroit Medical Center.
Joseph Hardman, ʼn veteraan paramedikus, het verlede Vrydag ʼn pasiënt, wat ʼn hartaanval gehad het, na die hospitaal vervoer en het KPR toegepas toe hy self simptome van ʼn hartaanval begin toon het.
Hardman, wat al 15 jaar lank by Detroit-nooddienste betrokke is, het onderweg na die Harper Hutzel-hospitaal ‘n hartaanval gehad. Toe die ambulans by die hospitaal aankom, het hulle eers die pasiënt afgelaai voordat hy self na ongevalle toe is. “Hy was amper dood. Hy moes opereer word,” het Joe Barney, woordvoerder van die Detroit EMS, gesê. “Hy lê drie beddens van die pasiënt wat hy ingebring het.”
Volgens CNN het die oorspronklike en pasiënt en Hardman soortgelyke prosedures ondergaan. Albei pasiënte sterk aan.
http://youtu.be/1JlWkbf_jZE
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Geluk by die ongeluk !
Dis nou ‘n “goedvoel” storie !
GOU AANSTERK VIR BEIDE !