Kykers van die sepie 7de Laan word Vrydagaand met ʼn optrede deur The Parlotones vermaak.
The Parlotones gaan liedjies van hul jongste album, Journey through the Shadows by die Hillside-klub opvoer. Die klub is stampvol met inwoners van Hillside wat saam met dié gewilde rockgroep lyf rondswaai.
The Parlotones is ʼn rockgroep van Johannesburg wat tans in Los Angeles, Kalifornië bly. Hulle albums het verskeie kere platinumstatus in Suid-Afrika gehaal. Die groep is in 1998 gestig en is veral bekend vir Kahn Morbee, die hoofsanger, se grimering.
7de Laan word Vrydagaand om 18:30 op SABC2 uitgesaai.
Hier is ʼn lokprent vir vanaand se episode: