Video: Pasgebore baba uit rioolpyp gered

Nooddienswerkers van China moes langer as ʼn uur spook om ʼn pasgebore babaseuntjie te red wat in ʼn rioolpyp vasgesit het.

CNN het Dinsdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) berig die pasgebore baba, wie se naelstring steeds aan hom vas was, is vermoedelik deur sy ouers in ʼn toilet afgespoel.

Inwoners op die vierde verdieping van ʼn gebou in Jinhua in die Zhejiang-provinsie, het die baba hoor huil. Hulle het in die toilet ingekyk en ʼn voetjie sien uitsteek, waarna hulle die brandweer ontbied het. Pogings om die baba te bevry, was onsuksesvol en reddingswerkers moes uiteindelik ʼn stuk van die rioolpyp, waarin die baba vasgesit het, afsaag en na ‘n hospitaal neem. Daar is die stuk pyp met behulp van chirurge stukkie vir stukkie afgesny totdat die seuntjie bevry kon word. CNN berig die baba is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

Die polisie is op soek na die kind se ouers.

http://youtu.be/7O0WDiGG6P4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.