Video: Pedofiele in Masedonië mag nou gekastreer word

Argieffoto

Argieffoto

Die video volg onderaan die berig.

Die Masedoniese parlement het ‘n wet aanvaar waarvolgens mense wat kinders herhaaldelik misbruik, chemies gekastreer kan word.

Die parlement het ‘n wet aanvaar wat die maksimum vonnis vir kindermisbruik van 15 jaar tot lewenslank verleng. Herhaalde oortreders kan dan afslag op hulle vonnisse kry as hulle hul chemies laat kastreer.

Intussen het die VN se komitee vir kinderregte in ’n verslag die Rooms-Kaolieke Kerk erg voor stok gekry oor die “tienduisende kinders wat in die verlede deur priesters gemolesteer is, ‘n praktyk wat steeds voortduur” en geëis dat die kerk ophou om hierdie priesters te beskerm, en dat die kerk hulle aan die owerhede moet uitlewer.

Dié verslag gaan na verwagting groot druk op die huidige pous plaas.

Bronne: Trouw, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marieta ·

Kan die Suid-Afrikaanse regering dan nie maar ‘n blaadjie uit Masedonie se boek neem nie?! Maar ook verkragters hierby insluit. En aangesien die doodstraf nie meer van toepassing is in ons land nie, moet kastrasie en 15 jaar tronkstraf die minimum straf wees, met lewenslank sonder parool vir herhaalde oortreders. Maar nou ja…Ek vergeet mos nou dat sekere elemente in ons regering self beskuldig was van die misdryf en dat sekere ander elemente dit toe goedgepraat het. So, hoekom sal iemand dit dan waag om so sterk op te tree teen oortreders, as hulle dalk self van die medisyne sal moet sluk?

Grassie ·

Ek dink die Masedoniërs het `n wyse besluit geneem, die enigste plan wat werklik suksesvol sal wees. Ek dink net die chemise proses is nie nodig nie – `n knipmes is vinniger en meer doeltreffend, maar almal is seker nie sulke barbare soos ek nie.

Ivan ·

As hulle die wette in SA inbring, sal omtrent al die kappers gekastreer word.

GawieM ·

Hulle moet die goed rekkies omsit en lewenslank vir eerste oortreders. End van die prent.
Marieta ek noem sommer name hier. Jy praat van die land se president, Jacob Zuma, wat ook van beweerde verkragting beskuldig was. Die hele spul is korrup.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.