Video: Petisie vir prioritisering van plaasmoorde begin

Hibbe van der Veen is op sy melkboerdery in Bronkhorstspruit aangeval. Hy het sy stem by AfriForum se plaasmoordpetisie gevoeg. Die video volg onderaan die berig.

Hibbe van der Veen is op sy melkboerdery in Bronkhorstspruit aangeval. Hy het sy stem by AfriForum se plaasmoordpetisie gevoeg. Die video volg onderaan die berig.

AfriForum het Dinsdag ‘n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel gestuur, wat onder meer eersdaags by die Verenigde Nasies se Minderheidsforum ingedien gaan word.

Die burgerregtegroep sê dié petisie is die gevolg van polisieminister Nathi Mthetwa se beweerde weiering om slagoffers se briewe aan hom te beantwoord.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Justi ·

Ek hoop die petisie word die keer goed ondersteun deur elkeen wat omgee. Hoop van harte Afrikaners kan die keer wel saamstaan! Dis hoog tyd!

Trippie ·

HENNIG BESTER

In antwoord op jou skrywe van gisteraand … ja, ek volg Dr Roodt op ‘n daaglikse basis en GEENSINS skaam om dit te erken nie.

Wil egter ook byvoeg, ten minste wend hy ‘n poging aan om iets te doen, dieselfde geld Sunette Bridges sowel as Steve Hofmeyr.

Ek het reeds gisteraand my deel gedoen re AfriForum. My stem is daar, en geteken.

Groetnis, Trippie

Trippie ·

Verskoning, vir die verkeerde spelling van jou naam, tikfout … HENNING.

H J Bester ·

Stem saam dat hulle wel pogings aanwend om iets te doen maar blyk dit dat hulle nie prakties te werk gaan met hul handelinge nie want van al hul pogings het nog nie veel gekom nie buiten ‘n klomp emosie wat hul opgejaag het en onvervulde verwagtinge wat hul geskep het.

Is ‘n groot deel van hul “pogings” nie ook maar net daarin geleë dat hul bedrewe geraak het om te kritiseer sonder om iets daarwerkliks en konstruktiefs aan te pak wat tasbare resultate kan oplewer nie.

Nee, wat ons nodig het is ‘n sterk leiersfiguur wat minstens daarin kan slaag om die verdeeltheid wat daar tans onder die Afrikaners heers, te temper en hulle bymekaar te bring sodat ons weer kan sê “Eendrag maak Mag”

Trippie ·

Dankie vir jou skrywe !

Waarom stel jy nie jou saak op Praag self deur deel te neem aan die debat tans daar nie ? Kom met voorstelle, enigiets, ons kan net daarby baat vind.

Gee jou krediet vir jou laaste paragraaf … EENDRAG MAAK MAG !

Geseende nagrus.

JAVR ·

H J Bester daar sal NOOIT eendrag maak mag weer wees nie want daar is heeltemal te veel wit velle wat dink hulle is te intelligent om gebuk te gaan onder een man se IK. Saam staan begin by jou en by my. As 2 mense begin saamstaan en werf is daar later ‘n hele paar wat bymekaar staan, ens. ens. Laat staan jou trots en staan vir die witvel en jy het ‘n groep om mee oorlog toe te gaan! Ek is nie ‘n Steve Hofmeyer aanhanger nie maar ek respekteer daai man seker meer as wat ek enige leier nog ooit gerespekteer het vir die blote feit dat hy staan vir wat hy in glo, desondanks wat met sy sangloopbaan kan gebeur daardeur! Ons het mense soos hulle NODIG in ons hoek!

german ·

Ek het die petisie onderteken! My hart gaan uit na elke Boer en die nageslagte in hierdie land. Ons is al lankal verby genoeg! Die Volksmoorde is nou al lankal te veel en te erg. Almal is nie popo’s nie, party dink darm nog vir hulsef en word nie emosioneel opgesweep om leuens te glo en te volg nie.

Pieter Potgieter ·

Ja is daar dalk n wit konning wat wil opstaan sodat ons wit volk weer een kan word. Ons moet weer kan opstaan en ons sal. Begin lewe oor ons volk te spreek volgens Spr 18. Raak positief my mense en spreek oorwining uit in geloof ja en hou vas aan jou geloof. God is ons antwoord. Vertrou die wat in die gereg vir ons opstaan en ondersteun hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.