Video: Piers Morgan se Twitter-bekkigheid lei tot pynlike boulbeurt

Foto: @brett_lee58 op Twitter

Foto: @brett_lee58 op Twitter

Die video volg onderaan die berig. Die uitgesproke TV-aanbieder, Piers Morgan, moes Vrydag daad by woord sit nadat hy aan sy 3.8 miljoen Twitter-volgelinge gesê het hoe “sag” sy geliefde Engelse krieketspan geword het en dat hy “met liefde” Mitchell Johnson, Australië se snelbouler, sou wou uitdaag.

Morgan sit nou egter ná sy netsessie teen Brett Lee met ʼn gekraakte gewrig, gekneusde ribbebeen en ʼn groot knop op sy kop.

Lee se balle het teen meer as 130 km/h op Morgan afgepyl.

Lee het skertsenderwys gesê hy het die publiek ʼn “guns” gedoen deur Morgan aan so klein bietjie pyn te onderwerp. “Hy het seergekry, maar hy is nie vermink nie, so dit is ʼn positiewe stap,” het die voormalige krieketspeler vir Australië gesê. “Jy moet vir die ou krediet gee. Hy gaan môre in baie pyn wees.”

Volgens Lee was die grootste glimlag wat hy gesien het op Mitchell Johnson se gesig. “Ek het vir hom gekyk en hy het vir my geknipoog. Hy was baie beïndruk.”

Morgan het die kaptein van Engeland se “roekelose domheid” op Twitter veroordeel en hom “pateties” genoem. Hy het later geskryf hy sal graag teen Mitchell Johnson te staan wil kom en dat Engeland se kolwers “manne” moet word.

Lee het Morgan teruggekap en gevra hoe hy sou vaar teen Johnson se aflewerings en aangebied dat Morgan in die nette by Melbourne se krieketgronde moet uitvind.

Morgan het teruggeskryf: “Game on”.

Klik hier en hier vir nog foto’s en uittreksels van die twiets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martin ·

Kry vir jou Piers Morgan! Ek dink meeste mense het dit baie geniet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.