Video: Pippie se storie aan die wêreld vertel

Die video volg onderaan die berig.

Pippie Kruger wat wonderbaarlik oorleef het nadat sy brandwonde oor die grootste gedeelte van haar liggaam opgedoen het, se storie word nou met die wêreld gedeel.

Die klein wonderwerkie se herstel het almal se grootste verwagtinge oortref, en twee jaar later is sy springlewendig en gesond.

Die boek “Pippie”, wat die aangrypende verhaal vertel, is vandeesweek bekend gestel.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eben ·

Goed en wel dat daar n boek uitgegee is, maar kan daar nie bietjie ook media berigte wees van ander kindertjies/volvasse mense wat ook brandwonde opgedoen het. Dis nie net Pippie wat hierdeur is, maar duisende ander.

Terloops vertel ons ook van al die geld wat ingesamel is wat het daarvan geword? Is daar n Trust gestig … in proses. Is daar bewys dat die in proses is?

Michelle ·

Stem saam met Eben – soveel kindertjies wat brand maar net een is altyd in die nuus.
Daar is kindertjies wat nie so goed herstel nie en nog meer hulp as Pippie nodig het, maar daarvan lees jy nooit.

Ansie ·

Eben – Ja daar is ’n trust gestig en in Julie geoudit. Alles perfek. Koop gerus ’n boek en weet met ’n geruste hart dat jy wel ANDER BRANDSLAGOFFERS sal help deur jou aankope. Die geld uit die Pippie-se-Gesiggie-Fonds gaan JUIS vir ander brandslagoffers en om hulle te help. Gaan lees gerus meer op Anice se facebookblad.

Eben ·

Dankie Ansie…… Gelees in die pers alles nie wel en fondse in ouers se rekening betaal. Vertel waar is Trust gestig en deur wie geaudit Is dit sigbaar vir plubliek?

Ansie ·

O ja – en dit is NIE NET PIPPIE wat in die nuus is nie. Onlangs was daar Celiwe ook. En raai – sy is deur Pippie-se-gesiggie-fonds gehelp! Nou toe nou. Gaan koop sommer 10 boeke en doen jou deel vir die brandslagoffers wat dan nie nuus haal nie.

Eben ·

Ansie ek koop graag 20 boeke en doen n donasie as ek weet geld word reg aangewend. Ek haal die pers aan wat ook genoem het dat die enorme uitgawes wat gedoen is aan Celiwe nie nodig was en daar geld oorgespandeer is. Asb (!!) ek het die gelees, en haal net die berig aan. Dis tragies dat die wat erger gebrand is NOOIT die nuus haal dat ons ook kan kennis dra van hul lot!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.