Video: Plaasaanvalslagoffers se briewe aan polisieminister

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan vandag ongeveer ʼn honderd Suid-Afrikaners, wie se lewens deur plaasaanvalle verwoes is, se stories aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa oorhandig.

Volgens AfriForum gaan die slagoffers van die minister eis om sy stilswye te verbreek deur plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar. Die briewebundel sal saam met AfriForum deur Belinda van Noord, wie se pa en broer die afgelope vakansie op hul plaas naby Brits vermoor is, oorhandig word. Dit bevat 80 gedrukte briewe, sowel as ʼn DVD waarop ongeveer 20 plaasmoordslagoffers hul boodskappe aan die minister oordra. “Baie van hierdie mense moes nie net die dood van hul geliefdes verwerk nie, maar sal vir die res van hul lewe worstel met die brutale manier waarop die moorde gepleeg is,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gesê. “Die polisieminister se gebrek aan ondersteuning maak dit soveel swaarder om te verwerk.”

Die video is vervaardig tydens AfriForum se protesoptog teen plaasmoorde, wat op 1 Desember 2012 plaasgevind het (ter nagedagtenis aan die moorde op Attie, Wilna en klein Willemien Potgieter, wat op 1 Desember 2010 op hul plaas naby Lindley vermoor is).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.