Video: Pluimbal-spanmaats swaai appels

Bodin Issara en Maneepong Jongjit

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Die Pluimbal Wêreldfederasie sal ʼn ondersoek doen ná ʼn onderonsie wat Sondag tussen twee voormalige spanmaats by Kanada se dubbelspelfinaal uitgebreek het.

Bodin Issara van Thailand het sy landgenoot, Maneepong Jongjit, tot in ʼn ander baan gejaag en hom glo ʼn hele paar keer geslaan.

Issara is weggelei en moes deur afrigters en personeel van die toernooi vasgehou word terwyl sy spanmaat, Pakkawat Vilailak, Jongjit, wat toe nie meer sy hemp aangehad het nie, weggelei het. Issara moes twee steke kry en voer aan Jongjit het hom met ʼn pluimbalraket geslaan. Die twee het glo reeds ʼn waarskuwing van die skeidsregter ontvang ná ʼn woordewisseling.

Jongjit en sy spanmaat, Nipitphon Puangpuapech, ook van Thailand, het die toernooi gewen nadat Issara ʼn swartkaart ontvang het.

“Die voorval sal deur die BWF ondersoek word,” het die federasie in ʼn verklaring gesê.

Jongjit en Issara is onder die top pluimbal-atlete en het as spanmaats die kwarteindrondte by die 2012 Olimpiese Spele gehaal. Issara het egter in Januarie uitgetree om glo na sy siek ma om te sien, maar het gou weer saam met ʼn ander spanmaat begin deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.