Video: Polisie kyk toe terwyl skare man vermoor

Foto: Youtube

Lt.genl. Zukiswa Mbombo, polisiehoof in Noordwes, het Maandag haar skok uitgespreek nadat sy selfoonbeeldmateriaal gesien het van ʼn man wat deur ʼn skare vermoor word terwyl die polisie glo toekyk.

Die video wys hoe polisiebeamptes toekyk terwyl ʼn man erg aangerand en met klippe doodgegooi word in Lomanyaheng naby Mahikeng. Mbombo sê die video is teenstrydig met die aanvanklike inligting wat sy ontvang het van die verslag wat aan haar gestuur is deur die polisiestasie. “Die aanvanklike inligting was dat die polisie op die toneel opgedaag het nadat die voorval reeds plaasgevind het en die man reeds dood was.” Die 24-jarige man is deur ontstoke gemeenskapslede vermoor nadat hy glo op 25 Mei sy vriendin met ʼn mes doodgesteek het en gevlug het.

Mbombo sê die polisie moes van beter geweet het en dat dit hulle plig is om die wet ten alle tye toe te pas. The New Age het Maandag foto’s van die voorval op sy voorblad gepubliseer. Mbombo sê ʼn interne ondersoek sal gedoen word ten einde te verseker dat die beamptes wat betrokke was verantwoordelik gehou word vir hulle aksies. Mbombo sê mense moet nie die reg in eie hande neem nie en het die publiek verseker dat wetteloosheid nie geduld sal word nie. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel. Klik hier om die video op Youtube te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Man die Polisie is soos die Mafia en gee nie om oor die veiligheid van die publiek nie. Die hele SA Polisie mag en Verkeers beamtes is n klomp kriminele en kom uit die tronk vir moord,rape en kapings en hulle sal niks doen om enige mens tehelp nie en kyk mooi hoeveel van die Polise lede is al uit gewys vir huis braak,kapings aan randing op die publiek en hoeveel het banke al beroof en almal is nog stees in hulle poate en word daarna bevorder na hoee poste Ek se nog steed al die Polise en verkeers beamptes se rekords moet oop gevlek word en as hulle kriminele rekords moet hulle sumier uiot die Polise uit geskop word en in die tronke gegooi word. Van die Swart pote,, van Booysens Polisie stasie het my seun aangerand vir niks en ek het daar gegaan om n saak oop temaak en hulle bevelvoerder n Indian het aan my gese ek mors my tyd want daar sal niks van die saak kom nie so pateties en glo my ek haat die SA Polise in my oe is hulle n klomp slap gatte kriminele en n klomp gemors van mens wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.