Video: Polisie tem betogers by Ceres

Duisende kratte is by Ceres aan die brand gesteek Foto: Landbou.com

Wyn- en vrugteboere van Ceres en die Witzenberg-vallei probeer tans om die skade te bepaal wat deur stakers aangerig is.

Gys du Toit, direkteur van die Du Toit-groep, sê dit is nog te vroeg om die omvang van die skade te bepaal, berig Landbou.com. Na raming is sowat 40 000 kratte in die vallei afgebrand en sewe trekkers het in die slag gebly. Du Toit sê dit wil voorkom of betogers hulle op die groter boere toegespits het.

“Ek kan nie vir jou beskryf hoe dit voel om so iets te beleef nie. Die regering het hopeloos misluk in sy basiese pligte om die boere te beskerm,” het Du Toit gesê. Die Du Toit-groep se minimum loon aan werkers is 16,9% hoër as die Regering se vasgestelde minimum loon. “Die Regering het ’n plig om dié krisis nou op te los. Geen belegger gaan in die Suid-Afrikaanse landbou belê in so ’n situasie nie. Die boere se hande is afgekap en ons moet nou op die Regering staatmaak om sy plig te doen.”

Meeste van die werkers wou graag tydens die stakings kom werk het, maar die stakers het hulle gedreig om dit nie te doen nie.

Die video, waar polisielede betogers met rubberkoeëls onder beheer hou, is deur Landbou.com op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul Joubert ·

Swak styl van die polisieman wat dreig om die kamera te konfiskeer. Daar is geen wet waarvan ek weet wat ‘n polisieman die mag gee om ‘n lid van die media (of die algemene publiek) se kamera te konfiskeer nie.

endika ·

Dit gaan net my verstand te bowe dat mense goed breek, afbrand, plunder en vernietig! Daar skort werklik iets in hierdie mense se opvoeding, moraliteit, sin vir waarde ens Dit is amper ‘n tipe mentaliteit van as ek niks het nie sal ek toesien dat jy ook niks het nie. ‘n Absolute verloor situasie vir almal en ons land en sy mense ly daaronder. Waar is die leierskap in hierdie land?! Maar daar is mos die gesêgde dat ‘n vis vrot van sy kop af……

Paul Joubert ·

Ek het al gehoor hoe van die mense, wat lank spaar vir iets soos ‘n lekker TV, by hul huise terugkom en dan het iemand ingebreek en dit doelbewus gebreek – nie gesteel nie, net onherstelbaar gebreek. Werklik ‘n geval van “as ek dit nie kan hê nie, dan gun ek dit ook nie vir jou nie”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.