Waarskuwing: Die video is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel
ʼn Manlike polisiebeampte van die Oos-Rand is op kamera afgeneem waar hy glo geld van ʼn man ontvang, waarna ʼn polisievrou ʼn seksuele daad op die man uitvoer.
Die video is Saterdagoggend omstreeks 03:00 in die parkeerterrein van die East Rand-winkelsentrum in Boksburg opgeneem, het Beeld Vrydag berig. Beeld het Donderdag die video aan die polisie gestuur.
Lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Beeld gesê senior polisiebeamptes het die video nagegaan en hulle besluit nog hoe hulle teen die beamptes gaan optree.
Die 20 minuutlange video wys hoe ʼn polisievoertuig vermoedelik van die Boksburg-Noord-polisiestasie en ʼn BMW in die parkeerterrein stop. Die polisieman, in uniform, vergesel die man na ʼn OTM waar die man geld trek en dit glo aan die beampte oorhandig. Die polisievrou vergesel daarna die man na ʼn ander gebied in die parkeerterrein waar sy ʼn seksuele daad op die man verrig.
Hy oorhandig vermoedelik ook geld aan haar waarna sy na die polisievoertuig terugkeer.
– Sapa
Beeld het dié verkorte video van die voorval op YouTube gelaai.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Wit gemors!!! SAPS het lankal die pad verlaat. Grootste dwelmsinikate is in die mag en soos ons hier sien ook die madams van prostitusie.
Hierdie is regtig die laagste wat die polisie nog gedaal het sedert 1994. Is dit waarvoor ons belastinggeld aan die polisie betaal word? Geen wonder prostitusie floreer in Suid-Afrika want daar word niks meer daaraan gedoennie, ek kan nou verstaan hoekom die ANC prostitusie wil wettig. Ek dink dit het tyd geword vir die nuwe kommissaris om te bedank, want baie duidelik kom sy nie die mas op nie, daar is hoegenaamd geen discipline of eer of trots meer in die polisie nie. Daar gaan seker weer niks hiervan kom nie, ook niks gaan gebeur met die wit gemors wat… Lees meer »
Skokkend. Daai ou sal moeilik sy gesig by sy huis wys
mmm dis waarmee hulle besig is as mens bel vir i crime. bly ek is nie daai ou nie, lol wat gaan hy vir sy vrou en vriende se? ek hoop sy gooi hom uit die huis met net sy onderbroek. help ok ni ons trek ten velde oor prostetusie nie mense, solank da mans is wat nie hulle dingelinge in hulle broeke kan hou ni sal die mark daar wees. as die aanvraag daar is gaan die dienste gelewer word. selfde met dwelms. solank mense so fu2kedup is om die gud te gebruik gaan daar runners en verskaffers wees.… Lees meer »
Ai dat die Polisie so naam weggooi, deur al die gemors wat deesdae aan die gang is met die Polisie saam.
Nou word selfs die geringe polisie beamptes ook oor die selfde kam geskeer wat onreg verdig is. Ek is nie ‘n kampvegter vir die Polisie nie want dit is skokkend wat daar gebeur, maar ek voel baie jammer vir die Polisie beamptes wat hul werk reg doen en ‘n skoon lewe lei.