Video: Polisieman rand glo broers aan

WAARSKUWING: Die video onderaan die berig kan sensitiewe kykers ontstel

Foto: Youtube

Die radiostasie OFM het beeldmateriaal van ʼn kringtelevisiekamera beskikbaar gemaak wat wys hoe ʼn polisiebeampte ʼn gay man en sy broer in ʼn vulstasie in Bloemfontein aanval.

OFM het vroeër berig dat sers. Christoffel Neuhoff (37) in die Bloemfonteinse-landdroshof verskyn het en op borgtog van R500 vrygelaat is. Hy moet weer op 20 Maart in die hof verskyn. Volgens die berig het Neuhoff glo op 1 Maart Neil Sonnekus en sy broer Eben aangerand terwyl hulle saam met Neil se lewensmaat vir hulle kos gewag het by die kitskos-eetplek. Neil het ʼn week in die Pelonomi-hospitaal deurgebring nadat hy glo ʼn skedelfraktuur en bloeding op die brein opgedoen het. Volgens die berig is Neuhoff geïdentifiseer as die verdagte nadat die polisie beeldmateriaal van die kringtelevisiekameras nagegaan het.

Met vergunning van OFM, The Sound of Your Life by www.ofm.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marlene

Daar was duidelik ‘n gesprek en die skewe 7 het sekerlik net gekry wat hy verdien het. Mooi so Christoffel jy het jou goed gekwyt van jou taak

Joe

Verskoon my Taal maar hierdie Verfetter moet NIE Weg kom nie.

Henry

Skaam jou Marlene wat as dit jou kinders was?

Michelle

sis Marlene! dis deur mense soos jy dat die land vir n bol crap gaan met julle narrow mindedness!

MZ

wat ek nie verstaan nie, is die persoon agter die til gaan maar aan met besigheid asof niks gebeur het nie? sies vir die mense wat ook daar was, en net normaal aangegaan het, asof daar nie 2 mense op die vloer le nie. watter tipe winkel laat so iets toe en gaan maar net aan asof niks gebeur het nie>?