Mark Wilby, ʼn man van Grahamstad, het ʼn versoek gerig dat mense hul toon- of vingernaels of hare aan die Chinese ambassade in Pretoria stuur om teen renosterstropery te betoog.
“Ons verstaan nie die mark nie, ons moet die aanvraag stop. Ek blameer nie noodwendig die Chinese vir renosterstropery nie, maar ek weet nie wie anders om te nader nie. Hulle het beslis die mag om in te tree maar is nie juis baie bekommerd daaroor nie,” sê Wilby in die video.
Renosterhorings word van keratien gemaak, dieselfde proteïne kom in hare, vinger- en toonnaels voor. Inwoners van sommige lande in Asië glo keratien het medisinale eienskappe.