Video: Presidensie kap FNB-advertensie

Die presidensie het Woensdag sy stem gevoeg by die koor van kritiek teen FNB se “Jy kan help-veldtog”.

Volgens die presidensie is die veldtog ʼn verrassing en teleurstellend. “Beuselagtige advertensies wat haat toon teenoor die regering en die regerende party gaan ons nie help om die land se ontwikkelingsdoelwitte te bereik nie.” Die veldtog behels video’s van kinders in skooluniform wat hulle hoop vir die land uitspreek. Business Day het vroeër aanhalings uit van die video’s gepubliseer. “Die land word regeer deur armoede….terwyl Jacob Zuma sy huis opknap.” Die ANC het vroeër gesê hy is gewalg deur die veldtog terwyl die ANC-jeugliga dit as “hoogverraad” bestempel het. FNB het intussen van die video’s teruggetrek maar nie die veldtog stopgesit nie.

http://youtu.be/m7Vyj9b1NyY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jack van Lelyveld ·

Hoeraaaa! Die advertensie was gisteraand weer op TV en toe probeer ek nou vasstel wat dit is wat die ou kommunistetjies so warm onder die kraag het…..en sowaar, daar besef ek dit!

Sien, kommunisme maak almal gelyk (behalwe die elite – hulle is ook almal gelyk…ewe ryk), ewe arm. Hulle beheer meganisme le juis daarin om almal ewe arm te he, dan is die nasie as ‘n groep kontrolleerbaar. As almal “opgehef” word en selfstandig en finansieel sterker word, raak hulle automaties meer individualisties en val die “skille” van hulle oe af en sien die euwel wat die kommuniste werklik is.

Nou kyk, as daar een ding is wat die wetters wat vroetel in die donker, NIE van hou nie, dan is dit iemand wat die ligte aansit en al die onbevoegdhede, korrupsie, skelms, moordenaars, algehele gebrek aan ‘n ruggraat en ‘n algemene gebrek aan alles wat verg dat die land slaag, ontbloot en aan die kaak stel en veral die kommuniste se totale onrelevante bestaansreg uitlig.

In kort, die advertensie slaag fantasties daarin om die ANC se EINTLIKE politieke doelwitte so genotvol te “highlight” en hulle hou nie gladnie daarvan dat daar gevorderder intelligensies is wat dit kan raaksien nie. Dis net in Afrika waar daar nog arme siele is wat dink kommunisme is ‘n nie mislukking nie. Met ‘n nasie wat “suffer” van ‘n erge “trop mentaliteit” (rede waarom kommunisme hulle soos ‘n handskoen pas), gaan dit heelwaarskynlik onmoontlik wees om enigsins evolusionere vordering te maak, sonder om van historiese tradisie weg te beweeg en “civilisation” tegemoet te gaan nie.

Brenda ·

Jack jy slaan die spyker op sy kop. Gaan lees Animal Farm. Dit is geskoei op kommunisme en bewys net presies wat jy se. Kommunisme het nog nooit gewerk in enige land waar dit ingestel is nie en was nog altyd ‘n klaaglike mislukking, omdat jy altyd magsdronk leiers het wat op ‘n Westerse leefstyl floreer ( al verag en verwerp hulle KAMTIG alles wat met kapitalisme te doen het). In Animal Farm is almal gelyk, maar die varke is net ‘n bietjie MEER gelyk. Hulle leef in weelde en rykdom terwyl die res van die diere kripeer en baie slegter daaraan toe is, as toe Boer vir hulle gesorg het. Nou vra ek myself af of dit toevallig is dat die kommuniste in die boek as VARKE uitgebeeld word en die goeie en behoudende karakter as BOER/E??? Ek wonder maar net…. ;-D

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.