Video: Pretoria-broers VSA toe met hul modes

Johan en Fritz Botha, twee broers van Pretoria wat uitblink in modeontwerp, is uit 850 inskrywings wêreldwyd gekies om saam met agt ander ontwerpers aan die Las Vegas-modeweek deel te neem.

Die broers, wat onder die handelsmerk F. Wilson Fashion Design werk, het die afgelope vyf maande geskarrel om hulle versameling gereed te kry en het dit die naweek tydens ‘n spesiale voorvertoning in Pretoria bekendgestel. Hulle vertrek oor ʼn week na Amerika om die land daar te verteenwoordig.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.