Video: Pretoria / Tshwane vurige vergaderings

Die sanger Steve Hofmeyr was een van honderde inwoners wat die naweek openbare vergaderings oor die hoofstad se naamsverandering bygewoon het. Vir een groep Suid-Afrikaners is die naam sinoniem is met verdrukking terwyl dit vir die ander groep geen verbintenis met apartheid het nie. Die openbare vergaderings is onderskeidelik in die K.T. Motubatse-gemeenskapsaal, Temba-stadion, Pretoriase stadsaal, Centurion-raadskamer, Refilwe-gemeenskapsaal, Rethabile-gemeenskapsaal en Bronkhorstspruit-sportsentrum gehou.

eNuus het die vergadering by die Pretoria-stadsaal bygewoon en beeldmateriaal daarvan op YouTube geplaas. eNuus word elke aand om 19:00 op kykNet, DSTV-kanaal 144, uitgesaai.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.