Video: Prins William en sy pa wil natuurlewe beskerm

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. Prins Charles en sy seun, prins William, het ʼn video gemaak waarin hulle die beskerming van natuurlewe bepleit en versoek dat die onwettige handel van wildleweprodukte, soos ivoor en renosterhoring, gestaak moet word.

Prins William verwys in die video na sy seun, die hertog van Cambridge, en sê dat hy graag wil hê dat sy seun ook die Afrika moet sien wat hy as kind geken het.

Die video is verlede jaar in November by Clarence House verfilm en is Sondag vrygestel. Die twee prinse sal vandeesweek ʼn konferensie bywoon om wêreldleiers oor te haal om saam aan ʼn wêreldwye reaksieplan te werk om onwettige handel te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.