Video: Program opgeskort toe renoster vrou se vinger byt

mshindi swartrenosterDie Denver-dieretuin in Amerika het sy renosterprogram onbepaald opgeskort nadat ‘n swartrenoster ‘n vrou se vinger gebyt het.

Volgens die dieretuin is die vrou Woensdag na ‘n hospitaal geneem nadat Mshindi, die renoster, haar vinger gebyt het. Die vrou was besig om die renoster te voer. Die vrou se toestand is onbekend. Beamptes van die dieretuin het die voorval as “’n tragiese ongeluk” beskryf en sê hulle dink nie die renoster wou haar seermaak nie.

Die Denver-dieretuin het vanjaar met ‘n “ontmoet en groet”-program begin waar besoekers ‘n ekstra $60 (ongeveer R600) kan betaal om aan ‘n renoster te raak en te voer. Ander dieretuine het soortgelyke programme.

Die dieretuin sal die ongeluk by sy akkrediteringsagentskap, die Vereniging van Dieretuine en Akwariums, aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendriette ·

Moet die vrou dalk haar vinger uit renoster se bek hou. Wie is nou eintlik veronderstel om die een met die breins te wees.

Melissa ·

Die arme diere!! En wat de hell, “the woman was conscious, and breathing taken to the hospital” lol, haar finger was net gebyt, sy het dit seker te ver in sy mond gedruk en hy het gedink dis kos. Wat is fout met hierdie mense??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.