Tony Tolbert, ‘n 51-jarige prokureur en oud Harvard-student, trek nou weer by sy ouers in sodat ‘n hawelose gesin in sy huis kan bly.
Die gesin sal glo vir ‘n jaar lank in Tolbert se huis in Los Angeles, Amerika kan bly. Volgens CBS is die spaarslaapkamer in Tolbert se ouerhuis in Los Angeles glo gereeld aan behoeftiges afgestaan.
“Mens hoef nie Bill Gates of Warren Buffet of Oprah te wees nie,” het Tolbert gesê. “Ons kan dit doen waar ons ook al is, met wat ons ook al besit, en ek het ‘n huis gehad wat ek kon aanbied.”
Tolbert het nog nooit die gesin ontmoet nie. Hy het hulle deur Alexandria House, ‘n skuiling vir vroue en kinders opgespoor. Felicia Dukes, ma van vier, kon nie die aanbod glo nie. Dukes en drie van haar kinders deel tans ‘n enkelkamer by die skuiling. Haar volwasse seun mag nie daar saam met hulle bly nie. Nou is hulle met hom herenig.
Tolbert se huis sal vir die hele tydperk ten volle gemeubileer bly.
Kyk gerus na die hartroerende video:
http://youtu.be/kIWfC2fWLLA