Dina Pule, die omstrede voormalige minister van kommunikasie, is in die nasionale vergadering oor die kole gehaal.
Sy is verbied om vir 15 dae lank haar voet in die parlement te sit en is ‘n boete van ‘n maand se salaris opgelê. Die speaker het die aanklagte waarop die etiekkomitee haar skuldig bevind het, as uiters ernstig bestempel. Sy het onder meer haar manlike metgesel op verskeie oorsese besoeke saamgeneem en hom bevoordeel deur kontrakte van haar departement.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Ja, ek het die “sad” storie so geluister gister op Jacaranda.
Gaan die maand se salaris wat sy nou verbeur aangewend word as deel van terugbetaling van die belastingbetaler se geld gesteel ?
Interessant die woord “etiekkomitee” …
Dis juis as gevolg van die belaglike ligte strawwe wat oortreders kry, dat korrupte en immorele optredes eenvoudig voortgaan. Die ANC-regering moes van Dina Pule ‘n voorbeeld maak en haar permanent as parlementslid skors.
Oeeee ê ê !! (tikkie op die vinger) – soen-soen ( Beeld se voorblad) – moenie weer nie hoorrrrrr?
Ek wil ook so droogmaak en dan so ‘n ligte vonnis kry. Dis net so goed jy beroof ‘n bank en jy word sielkundig gestraf met woorde om dit nie weer te doen nie maar hou maar die geld.
Nou okay Dina Pule …. nie aanvaarbaar nie groei n kuif!