Video: R30 miljoen se skade na brand in JHB-winkelsentrum

Die foto is deur die gebruiker @biogen op Twitter gelaai

Voorraad van ongeveer R30 miljoen in die Dis-Chem-apteek in Roodepoort, Johannesburg, vernietig nadat ʼn brand hier uitgebreek het.

Die apteek is een van ses winkels by die Princess Crossing-winkelsentrum wat Dinsdag in ligte laaie gestaan het, het Beeld Dinsdag berig. Niall Hegarty, direkteur van Dis-Chem, sê sowat 118 van hul werknemers sal na ander takke in die groter Johannesburg-omgewing gestuur word en sal nie afgedank word nie. Hegarty doen ʼn beroep op klante om van ander apteke in die gebied gebruik te maak om hul voorskrif medisyne te kry. “Al ons apteke is aan mekaar verbind en ons kan steeds aan ons klante se behoeftes voldoen,” het hy gesê.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddiens, het gesê die eerste noodoproep is omstreeks 05:30 van ’n veiligheidswag by die sentrum ontvang. Dit is nog nie bekend of die brand by die Dis-Chem of by The Hub op die boonste vlak ontstaan het nie. Teen 08:00 het groot dele van die sentrum se dak al inmekaargesak en verwoesting is oor sowat 70 m gesaai. Die vlamme het kort ná 09:00 van DisChem na Linens ’n Things versprei.

Die volgende video is deur die gebruiker BeeldVideo op YouTube gelaai:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.