Video: “Rambo Squad”-slagoffers praat

Die video volg onderaan die berig.

Twee en ‘n half jaar nadat die betoger Andries Tatane in Ficksburg dood is, beweer inwoners van dié Vrystaatse dorp dat polisielede hulle terroriseer.

‘n Groep polisielede wat glo as die “Rambo Squad” bekend staan, het na bewering tien mense aangerand en selfs probeer omry.

Slagoffers sê hulle vertrou nie meer die polisie nie, want hulle voer ‘n skrikbewind in die dorp.

Maroela Media het verlede week berig die sogenaamde “Rambo Squad” word deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirek­toraat (Opod) ondersoek. Lees meer hier.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.