Video: Reeva en Oscar het glo “baie baklei”

Reeva Steenkamp se ouers

Oscar Pistorius en sy vriendin, Reeva Steenkamp, het glo “baie baklei”, het Reeva se ouers aan Channel 5 in ʼn eksklusiewe onderhoud gesê.

Steenkamp is op 14 Februarie 2013 in die Paralimpiese atleet se huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet. June Steenkamp, Reeva se ma, het gesê daar is “net een persoon wat weet wat daardie aand gebeur het”.

Oscar het Dinsdag vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn waar die saak tot 19 Augustus uitgestel is. Hy word van moord met voorbedagte rade aangekla, maar voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Hier volg ʼn uittreksel uit die onderhoud.

http://youtu.be/Ck80FeYmh0k

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elize ·

Nou in watter verhouding is daar nie n bakleiery nie.Ek neem aan baklei met die mond.Dit is mos logies dat hulle nie oor alles sal saam stem nie.Niemand is volmaak nie.En wie het nou eerste begin baklei.
Dit is nie iets wat n mens teen Oscar kan hou nie.
Ek is baie jammer vir haar Ouers,is vreeslik om jou kind op so n mooi stadium te verloor.Mag julle berusting vind.Want dit is nie maklik nie.
Maar in enige verhouding is daar maar verskille.

ANON ·

Ek wil net se….ALLE…gestremde mense het anger issues…party kan dit hanteer en ander nie!
Hy kan nie sy anger hanteer nie…dit is n moordenaar op sy eie……ek het ondervinding van met gestremde mense werk….DIT IS DIE MEES ONDANKBARE EN SELFSUGTIGE MENSE WAT EK KEN!!
Hulle dink die wereld skuld hul iets…DIS NIEMAND wat normaal is se skuld dat sulke mense gestrem is nie!
Hulle moet eerder God dank dat hul nog die verstand het en die gebruik wat hul het i.p.v. dit op onskuldige mense uithaal!!!! Nou is sy weg en kan nie vir haarself praat nie….hy sal natuurlik onskuld pleit!!!
SERVE HIM HAND AND FOOT dan sal dit goed gaan maar moenie nee se of jou eie persoonlikheid he nie dan waai die wolle!

ZW de Witt ·

Nie om te veralgemeen nie maar gestremde mense het meestal “anger issues” dit blyk ongelukkig waar te wees. Oskar het homself nie as gestremd gesien nie hy was andersynds besonder bevoorreg soveel mees as 95% van ons almal

Sue Winnan ·

Die man was bekend vir sy humeur. En soos OJ Simpson, as hy die keer loskom, gaan daardie humeur op die ou einde in die tronk laat beland. Ek het niks simpatie met hom nie en hoop dat hy kry wat hom toekom

Frikkie botes ·

Dit is in alle mense met logika se denke dat hy haar uit woede doodgeskiet het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.