Video: Regering ontstoke oor video van “dronk premier”

Noxolo Kiviet. Foto: GCIS

Die Oos-Kaapse regering het gevra dat die persoon wat ʼn video op Youtube geplaas het, wat glo die provinsie se premier Noxolo Kiviet wys waar sy onder die invloed van alkohol is in ʼn kroeg, vervolg word.

Die provinsiale regering sê hy sal die oplaai van die video ondersoek. “Die persoon in die video is nie premier Kiviet nie, en die skuldige wat dit opgelaai het moet voor stok gebring word,” het die provinsiale regering in ʼn verklaring gesê. “Net die skuldige wat sy bedoeling hiermee was, maar dit is minagtend en kwaadwillig en ons sal hom nie daarmee laat wegkom nie. Premier Kiviet is ʼn gerespekteerde leier en ma en verdien nie dat haar beeld onderwerp moet word aan belaglike grappe op sosiale netwerke nie.” Die video is glo op Vrydag 24 Februarie om 23:57 deur ʼn man op sy Blackberry-foon verfilm by ʼn sportkroeg in Oos-Londen.

– SAPA

http://youtu.be/QkJXH0BYLhc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.