Video: Renosters veg om oorlewing na stropery

Themba. Foto; Kariega

’n Renosterbul en -koei wat se horings aan die begin van die maand in die Kariega-natuurreservaat naby Kenton-on-Sea gestroop is, veg steeds om oorlewing.

Drie witrenosters se horings is op 2 Maart in die reservaat gestroop. Een van die renosterbulle het gevrek. Die twee oorlewende renosters is onderskeidelik Themba en Thandiswa gedoop. Dit is Xhosa name wat hoop en dapperheid beteken. Die reservaat het intussen ʼn video bekendgestel van Themba en Thandiswa se stryd. Themba het erge weefselskade aan sy linker-agterbeen opgedoen tydens die stropery. Hy is vroeër vandag by ʼn watergat gesien. Daar is egter kommer dat hy nie kos inkry nie. Thandiswa is gesien waar sy wei en dit blyk dat sy baie rondbeweeg. Albei word daagliks gemonitor.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.