Meer as 40 mense is dood sedert reuse perdebye die noorde van China begin teister het. Sowat 1 600 mense is in die aanvalle beseer, en meer as 200 sterk nog in die hospitaal aan.
Die owerhede kan nog geen lig werp oor hoekom die perdebye juis in hierdie streek aggressiewe swerms begin vorm het nie. ‘n Insekkundige meen dit kan dalk weens ‘n afname van natuurlike vyande weens klimaatsverandering wees.
http://youtu.be/FPQuth6jk68
Hier gaan DOOM niks maak nie. Dalk n 12 boor haelgeweer.
Die loslating van steriele manlik of vroulike geslagte het al vrugte afgewerp met Vals Kodlingmot in vrugteboorde.
Dis maar kleintjies daardie,hulle moet bietjie hier in Noord Transvaal kom kyk hoe lyk perdebye.As een jou hier steek bloei jy jou dood die branderigheidjie is niks nie.
Moet net nie vir die Sjinesies vertel hoe voedsaam die goed is en watter goeie aphrodisiac dit maak nie, want dan sterf die bytjies chop-chop uit….