Video: Reuse walvishaai aan Pakistan se kus gevind

Foto: Youtube

ʼn Walvishaai van nagenoeg twaalf meter is aan die Pakistanse kus gevind.

The Express Tribune berig dat die walvishaai wat glo sowat sewe ton weeg is in vlak water aan die Gadani kus in Balochistan gevind. Die walvishaai was glo reeds dood toe vissermanne dit gekry en na die Karachi hawe gebring het. Dit het glo meer as vier uur geneem om die walvishaai met ʼn 35 ton hyskraan uit die water te lig. Die karkas van die walvishaai is later vir 200 000 Indiese rupee of sowat R16 000 verkoop. Volgens berigte gebruik Sjinese die fin van ʼn walvishaai om sop te maak terwyl die lewer gebruik word om olie te maak. Walvishaai lewe in diep waters en kom selde na Pakistan se relatiewe vlakker kus. Walvishaai kan glo sowat 15m lank word en tot soveel as 21 ton weeg. Lees meer hier.

Die video is deur die gebruiker mcghori op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.