Video: Roeiplankkompetisie vir honde

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

‘n Video volg onderaan die berig. Ongeveer ʼn dosyn honde het Donderdag saam met hul eienaars die water by Barra-strand in Rio de Janeiro aangedurf tydens ʼn oefening vir ʼn roeiplank-kompetisie.

Spanne wat uit honde en mense bestaan, ding mee om rondom die waterbakens te jaag. Deelnemers word glo gediskwalifiseer indien ʼn hond in die water beland.

“Die idee het by my opgekom toe ek op my bord in die water was, en my hond was op die strand vasgemaak. Ek het gedink hy sou baie graag by my wou wees!” het Marco Sarnelli, die organiseerder van die kompetisie, gesê. “Ek het hom op die bord laat staan en hy was mal daaroor!”

Die wedren vind op 16 Februarie plaas en daar sal na verwagting meer as 50 honde (en hul eienaars) aan die kompetisie deelneem.
http://youtu.be/lkhy5R64Zbo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize Mans ·

Dit is te dierbaar,hulle moet honde leer,om see redders te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.